Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6306 resensies.
"Vir toerismebedryf sal dié werk as jy stilte soek. Daar is nie baie mense van so aard dat die strand vol is nie."
"Swellendam het baie karakter met al die historiese huise en geboue. Interessante winkeltjies, restaurante en koffiewinkels. Daar is baie piekniekplekke en staproetes en natuurreservate in die omgewing en dan natuurlik die pragtige Langeberg."
"Serene, picturesque, laidback and definitely a place where I'd like to hide from the rest of the world. "
"Witsand is waarskynlik ons #1 gesinsbestemming. Indien liggies en vermaak jou voorkeur is, hou verby, maar as jy meer natuurlike kwaliteittyd saam met jou gesin wil spandeer, dan is Witsand 'n uitstekende opsie. Walviskyk, visvang, duine hardloop en vis eet by Tekkies se restaurant is maar net 'n paar van die hoogtepunte wat ons weer en weer beleef wanneer ons Witsand besoek."
"Ons het die waterfront baie geniet, met bands wat speel, genoeg eetplekke om van te kies. Die Country Market was heerlik! Grotto beach is 'n moet."
"Ek bly self in die Overberg en hier is 'n hele paar mooi plekke om te besoek, pragtige landerye om te sien as jy langs die N2 ry."
"Die dorp se besienswaardighede is fantasties. Daar is so veel om te doen en te sien dat jy nooit uit gekuier sal raak in Gansbaai nie."
"Rustige dorpie met heerlike restaurante en goeie verblyf. Pragtige natuurskoon aan die voet van die berge."
"Huidiglik is daar 'n tekort aan besighede soos 'n supermark (Nellas besig met renovasies) en bankgeriewe (OTM). Die winkel wat wel daar is, is redelik beperk so mens moet goed voorberei of jou grootmaataankope op Heidelberg gaan doen."
"Baie mooi area, great om te kom ontspan met familie en die natuur mooi te beleef. Walvisarea is regtig special. Restaurants bied nie regtig verskeidenheid of selfs kwaliteit nie, wees reg om baie te braai."
"It was windy most days, but great walks and exquisite natural surroundings. Loved our stay, so did our pups. Pet-friendly homes are rare!"
"Kom kyk gerus hoe skoon en netjies 'n dorpie kan wees, met vriendelik en gasvrye inwooners."