Geverifieerde Resensie
Prince Albert
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1098 resensies.
"Was in Prins Albert vir Open Studios. Pragtige Karoo-dorpie met vriendelike en gasvrye mense. Heerlike aandete by The Rude Chef."
"Prins Albert is sielskos! Lieflike Karoo-dorpie, wat jou laat asemhaal en net weer ontspan en uitrus. Wonderlike bestemming vir ieder en elk."
"Ons is mal oor Prince Albert. Een van die beste, mooiste, skoonste dorpies om te besoek in Suid-Afrika."
"Covid het maar seker 'n vinger in hierdie pie, want daar is aansienlik minder winkeltjies oop en restaurante om van te kies is ook heelwat minder. Maar die dorpie is mooi skoon en natuurlik is die natuurskoon 'n bonus."
"Prins Albert is 'n pragtige Karoo dorpie en definitief 'n besoek werd. Het ook heerlik geëet by die hotel."
"Prince Albert is is pragtige dorpie. Sal eendag weer daar wil oorbly vir 'n paar dae."
"Die dorp is ongelooflik skoon en word mooi instandgehou. Veilige omgewing en die gemeenskap is ongelooflik vriendelik en behulpsaam. Welgedaan Prins Albert!"
"COVID-maatreëls word nie oral nagekom nie. Min het maskers aan. Dit is 'n toeristebestemming en die maatreëls moet juis meer nagekom word. Verder spuit die gastehuise Doom binnenshuis om die muskiete dood te maak. Omgewings- en mense-vriendelike opsies sal meer wenslik wees."
"'n Pragtige, netjiese dorpie. Baie besienswaardighede in en om die dorp bv. Olyfplaas, Weltevrede vyeplaas, Swartbergpas en Gamtoosvallei (Die Hel) en die Museum was uitstekend. Restaurante bedien heerlike kos."
"Wat 'n verassing om na die kronkelpad deur die Berge of met die langpad uit die Kaap te ry en so 'n beeldskone dorpie te kon aantref. Was verbaas oor al die lieflike verskeidenheid eetplekkies en die vriendelike gemeenskap van die inwoners."