Resensies van Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.69 uit 5 gekry volgens 864 resensies.
Hilton B. - 30th November 2016
staying in Prins Albert
As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed.
Albert J. - 21st November 2016
staying in Prins Albert
Pragtige omgewing. Ons het vir `n dag na Die Hel gery. Die bergpas is skrikwekkend, maar ook asemrowend. Heerlike etes gehad by die Swartberg Hotel.
Celda G. - 12th November 2016
staying in Prins Albert
Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê.
Pieter P. - 8th November 2016
staying in Prins Albert
Baie om te geniet en te besigtig in en om Prins Albert. Bly ten minste 3 dae om so veel moontlik te benut.
P. W. - 29th October 2016
staying in Prins Albert
Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom!
Edwin A. - 27th October 2016
staying in Prins Albert
Wat 'n lekker dorp. In die toekoms sal ons beslis langer bly in Prins Albert.
Hermine L. - 27th October 2016
staying in Prins Albert
Pragtige dorpie en Gamkaskloof (Die Hel) is 'n moet sien!
Dalene V. - 24th October 2016
staying in Prins Albert
Wonderlike plek om vakansie te hou.
Bernard S. - 23rd October 2016
staying in Prins Albert
Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap.
Matilda B. - 22nd October 2016
staying in Prins Albert
Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat.
Konrad B. - 17th October 2016
staying in Prins Albert
Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon.
Liana P. - 15th October 2016
staying in Prins Albert
Die dorpie is prágtig.
Collin G. - 12th October 2016
staying in Prins Albert
Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly.
Doreen A. - 11th October 2016
staying in Prins Albert
Prins Albert is 'n belewenis - beeldskone klein Karoo dorpie.
Herine F. - 11th October 2016
staying in Prins Albert
Net jammer dis so warm in die somer.
Leon C. - 11th October 2016
staying in Prins Albert
Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor.
Billy C. - 4th October 2016
staying in Prins Albert
Wat 'n wonderlike plek!
Cornel T. - 4th October 2016
staying in Prins Albert
Wonderlike plek.
Sonja-liezel T. - 4th October 2016
staying in Prins Albert
'n Plek waar tyd geëts is in die grond, berge, riviere, reuk, son, bome, wind en lug. 'n Natuurskoon so rou en eg dit word deel van jou asemhaling. As jy nie jouself hier kan vind en een word met wie jy is nie, sal geen ander plek op aarde of ervaring dit kan regkry nie. 'n Bestemming net duskant die hemel. Die Swartbergpas is 'n natuurwonder op sy eie en 'n reis hierdeur is helend vir die siel.
Ken F. - 29th September 2016
staying in Prins Albert
PA is a bit off the beaten track but worth the effort if one links it to the experience we had in travelling the Swartberg Pass.
Pieter V. - 22nd September 2016
staying in Prins Albert
Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!
Erika D. - 15th September 2016
staying in Prins Albert
'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl.
Elize B. - 12th September 2016
staying in Prins Albert
Wat 'n ongelooflike pragtige plek! Alhoewel ons die Sondag daar oornag het, was daar nog steeds heelwat om te sien en te doen. Die roete oor die Swartbergpas was iets wat ons nie sommer sal vergeet nie aangesien ons sneeu sien val het. Ons gaan beslis weer Prins Albert omry op pad Kaap toe.
Riana H. - 8th September 2016
staying in Prins Albert
Interessante dorpie.
Peter R. - 6th September 2016
staying in Prins Albert
A must visit for anyone looking for "time out".
Wikkie V. - 2nd September 2016
staying in Prins Albert
Pragtige plek met baie bekoring.
Jano V. - 1st September 2016
staying in Prins Albert
Ons het ongelukkig nie veel tyd gehad om die dorpie die dag te geniet nie en sal vervolgens weer graag daar wil oorslaap.
Tersia P. - 29th August 2016
staying in Prins Albert
Die rustigheid van die dorpie tref jou van aankoms tot ons vertrek het.
Joe D. - 24th August 2016
staying in Prins Albert
Mal oor Prins Albert!
Kevin M. - 22nd August 2016
staying in Prins Albert
Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen.
Piet M. - 12th August 2016
staying in Prins Albert
Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar.
Diane S. - 11th August 2016
staying in Prins Albert
Great for a weekend stay. Tranquil and has the closeness of Meiringspoort, Swartberg Pass and Die Hel!
Graham R. - 10th August 2016
staying in Prins Albert
A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way.
Martin En Esbé E. - 3rd August 2016
staying in Prins Albert
Pragtige dorpie!
Daleen E. - 29th July 2016
staying in Prins Albert
Ons is gaande oor die rustigheid van Prins Albert en die rede dat ons elke keer teruggaan is vir die ontspanning. Genoeg om te doen sou jy besig wil bly, Karoo Kombuis se kos was heerlik en diens baie vriendelik.
Wynarda V. - 27th July 2016
staying in Prins Albert
Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou.
Elna E. - 21st July 2016
staying in Prins Albert
'n Lieflike dorpie om in rond te loop, uit te eet en te kuier.
Werner B. - 21st July 2016
staying in Prins Albert
Mooi en veilige plattelandse dorp. Vriendelike mense wat baie moeite doen met die restaurante en huise in die dorp. Die plaaslike hotel is pragtig en ons het heerlik daar geëet.
Philip M. - 21st July 2016
staying in Prins Albert
Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip.
Alma M. - 19th July 2016
staying in Prins Albert
Pragtige plattelandse dorpie wat beslis die moeite werd is om te besoek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za