Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 206 resensies.
"Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes is 'n heerlike wegbreek van die Kaap af. Nie te ver nie en die omgewing is pragtig."
"Die mooiste dorpie. Vriendelike mense orals en heerlike restaurante en wynplase. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Oulike dorp met baie karakter en vriendelike mense."
"Such a lovely quaint town. Very clean and well kept. Interesting restaurants and shops. A must see."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige dorpie met baie mooi winkeltjies en uitstekende resturante om by te eet. Lekker naby die Kaap geleë vir daguitstappies."
"Wat 'n ongelooflike dorpie! Dit voel asof jy in 'n ander land instap! Soveel besienswaardighede en uitstaande restuarante! Sal vir seker weer kom kuier!"
"Met al die wynkelders wat tans weens COVID-19 gesluit is word die vermaaklikheidsopsies bietjie beperk. Daar is nogtans genoeg ander besienswaardighede waarmee besoekers hulle kan besig hou."
"Riebeek Kasteel is naby Kaapstad met 'n gesellige plattelandse dorpatmosfeer. Dis naby aan al die bekende wynplase en ander dorpies is naby genoeg om te besoek, soos Tulbach. Daar is goeie restaurante in die dorp ook."
"Ons eerste keer daar en dis ongelooflik skoon en netjies. Ryk aan geskiedenis en gasvry!"
"Dit is n baie lekker bestemming. Ek dink net nie al die toeriste en hotel is al reg vir die toeriste nie. Ons het in een aand twee bloutjies geloop. Hotel het nie die verskeidenheid Gin gehad nie. Restaurant wat bekend is vir Hake en Chips het nie dit in voorraad gehad op 'n Vrydagaand 19:00 nie."
"Ons het gehou van die atmosfeer in die kunstenaarsdorp. Lekker om al die interessante winkels te besoek."
"Riebeek-Kasteel is ‘n wonderlike naweek wegbreek. Die restaurante en wynplase is van top gehalte en die dorpie se klein winkeltjies bied alles wat mens wil hê."
"Lovely place. It was not our first visit and Riebeek-Kasteel will see us again in future."
"Great weekend getaway. Lovely restaurants, a must to visit Kloovenberg and great meat to be bought at Delico."
"Lekker kuierdorp met baie besienswaardighede! Eetplekke om te kus en keer! Oulike shoppies."
"Baie sentraal, net 'n uur vanaf Stellenbosch, Franschhoek en Kaapstad. Dorp met baie om te doen, veilig en rustig."
"Friendly and enjoyable small town, great for day trips or weekends to explore other nearby regions."
"Ons eerste keer in Riebeek-Kasteel, het lekker rondgeloop in die koue en reën, al die klein winkeltjies beloer en (te veel!) geld uitgegee op hulle oulike produkte. Het Vlok Casteel se wyn- en ander produkte was baie spesiaal."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige en rustige bestemming wat onder 100 km vanaf Kaapstad is. Dit is vir seker 'n plek om te besoek."