Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1224 resensies.
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
White Shark Lodge"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Seagull Apartment"Rustige, ontspannende plekkie wat baie veilig is."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
After8 Bed and Breakfast"Awesome place. Would definitely visit again."
"Vermont is baie mooi en skoon, maar ek verkies 'n plekkie met bietjie meer things to do - hoewel dit goed geleë is. "
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
620 Anne Road Pringle Bay"A somewhat quirky but very pleasant small beach village, busy in summer and very quiet in winter. Comes with the usual mix of creased, weatherbeaten locals. Small coffee shops and architectural mish-mash. Lovely beach but tends to be windy in summer. "
"Ons het by ons kinders in die karavaanpark gekuier en die gedagte dat die groter kinders in die aande buite die park moes gaan vermaak soek, was vir ons bietjie van 'n kwelpunt. "
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Mountain View Cottage"Hermanus is a great destination for travellers. Beautiful beaches."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Klein Uitkyk"Dis sentraal in die Overberg met baie buitemuurse aktiwiteite."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
White Shark Lodge"Kleinbaai is beautiful, our friends enjoyed the fishing on the harbour wall. We would definitely go back to Kleinbaai."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Sandpiper Shores - De Kelders Getaway"Stil en veilige pragtige omgewing. "
Pringlebaai, Suidkus Walvisroete
Waterblom in Pringle"Baie oulike plekkie. Dit is stil en rustig. Die winkels is klein tog kry mens die heerlikste gebak! Die plaaslike dokter was vriendelik en baie behulpsaam met uitstekende mediese advies sonder om 'n fooi te vra. Honde moet egter versigtig wees vir water in die lagoon, my honde het altwee maagprobleme ondervind. Die veearts op Kleinmond was ons redding. "
De Kelders, Suidkus Walvisroete
On the Rocks B&B"Naby genoeg aan verskeie plekke om te besoek en lekker rondslenterplekkies."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
'Die Rotse' Host House"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Guppy Huys Oceanfront Bungalow"Veilige kusdorpie met pragtige natuurskoon en oor as genoeg aktiwiteite om mens besig te hou."
Perlemoenbaai, Suidkus Walvisroete
Ons C-huis"Op Sondae raas die mense bietjie wat kom braai by die braaiers langs die see. Hulle speel hulle musiek baie hard en rev hulle karre se enjins. Andersins is dit lekker rustig!"
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
White Shark Lodge"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Serenity"See, mooi berge, ideaal vir die natuurliefhebber. Baie lekker vakansiebestemming, of om te woon."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Kleinmond Panorama Holidays"The friendliest little 'dorpie' I've seen in a while. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Kleinmond Panorama Holidays"Na hierdie jaar se besoek is ek minder positief oor Kleinmond. Die wind het knaend elke dag gewaai en meeste dae baie sterk. Ek is 'n fietsryer en het 'n fiets saamgeneem, maar die wind het my fietsryery baie belemmer."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Shark Cove"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."