Geverifieerde Resensie
South Coast Whale Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1220 resensies.
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Great White Accommodation"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
De Kelders, Suidkus Walvisroete
123Vyfer on Whale Trail"De Kelders is 'n baie aangename, stil dorpie met vriendelike mense. Die natuurskoon is pragtig. Daar is ongelukkig nie 'n swem strand wat maklik bereikbaar is nie, maar as jy nie omgee om 'n entjie te ry nie, dan maak dit nie eintlik saak nie. Dit is ook baie sentraal as jy die omgewing wil gaan verken."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Woodenleg Guest House"Heerlik! Doen so voort. Beter aanwysings na strand en seefront benodig."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Woodenleg Guest House"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Fijnbos Manor"Gaan doen die staproete by die Harold Porter Botaniese Tuine. Pragtig."
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Kleinmond Panorama Holidays"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Amazing Grace B&B"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Amazing Grace B&B"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."
Kleinbaai, Suidkus Walvisroete
Great White Accommodation"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."
Bettysbaai, Suidkus Walvisroete
Cyara"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"Die area voel baie veilig en dit is heerlik om langs die see te stap."
"Aangenaam verras oor die mooi woonbuurt. Maklike toegang tot die see/stapgeleentheid, restaurante, winkels, ens."
De Kelders, Suidkus Walvisroete
Rest a While"Depends on what you are looking for. As a quiet getaway for a relaxed break, it is perfect for strolling amongst the rock pools and collecting seashells. Close to the small town of Gansbaai and exploring the surrounding coastline. "
Kleinmond, Suidkus Walvisroete
Lekkerus"Dorpie het mooi ontwikkel na 'n fantastiese familiebestemming."
Sandbaai , Suidkus Walvisroete
Sandbaai Strandhuis"Uitstekende area. Baie rustig en die mense is baie vriendelik."
Franskraal, Suidkus Walvisroete
Ons Kraal Holidays"I love Franskraal/Gansbaai. I always going back!"