Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 459 reviews.
"Het die Boorgat-restaurant baie geniet. Die Planatrium was nie 'n unieke of wow ervaring gewees nie."
"Sutherland is 'n gasvrye, skoon dorp, maklik bereikbaar met 'n goeie teerpad vanaf Matjiesfontein. 'n Besoek, op afspraak, aan die NG Kerkgebou, is regtig interessant, onder leiding van Darius. Vra by enige gastehuis, hulle sal sy kontaknommer kan verstrek. Ongelukkig was ons baie teleurgesteld met die dorp se Stargazing-program, omdat ons onder die indruk was dat die gehalte van die teleskoopbeelde baie beter sou wees. Die aanbieder klink goed ingelig, maar die toerusting tot sy beskikking skiet regtig tekort. Besoekers word ook nie toegelaat by die planetarium buite die dorp nie, wat net eenvoudig onaanvaarbaar is. Sutherland is immers sinoniem met sterrekyk, en daarvan was daar nie regtig sprake nie, is ek jammer om te sê."
"Vir die klein koue plek is daar genoeg om te doen en te sien vir 'n dag. Die inwoners se harte is warm. Ons gaan gewis weer daarheen wanneer SALT weer open vir toeriste."
"'n Baie rustige dorpie, 'n jammer die restaurant se diens is nie op standaard nie, die groot teleskoop was toe op die berg, maar die sneeu het opgemaak daarvoor. Dit was prentjiemooi."
"Besig om saam met die sterrekyk en nuwe restaurante 'n baie lekkerder bestemming te raak."
"Unfortunately SALT was closed due to Covid, but we managed to go to the Stargazing with Jurg and the 3D show at the Planetarium."
"Altyd lekker om hier te kuier en 'n naweek is altyd te kort om by alles uit te kom."
"It is a town that is stuck in a time warp, nothing has changed, except the star gazers that are attracted to view the stars and experince the snow and coldness you can find in Sutherland."
"Sutherland is altyd 'n plesier selfs in -9°C is dit 'n wonderlike bestemming. Kies net jou akkommodasie versigtig."
"Daar is klomp lekker restaurante om by te gaan eet of om net koffie te drink. Daar is klomp plekke wat sterrekyk aanbied so jy het 'n groot keuse van wie jy wil gebruik maak. Daar is mooi grondpaaie om te ry net om die natuurskoon te bewonder. Die sneeu het dit bemoeilik om ver te ry op die grondpaaie weens die modder. Sutherland is pragtig."
"Die ervaring by Jurg (sterrekyk) kan aanbeveel word. Net jammer a.g.v. van die Lockdown Level 4 kon ons nie die hele Sutherland-ervaring beleef nie (restaurante en kroeg)."
"Die stilte en natuurlike mooiheid is gepas vir 'n wegbreek. Die aandsterre is die mooiste wat ek dit nog ooit gesien het. Sal graag weer gaan kuier, maar wil die star gazing doen. Dit was ongelukkig toe a.g.v die Covid."
"Interesting little town. We were lucky and timed our visit perfectly for the snow. Sadly were not able to visit SALT due to Covid restrictions. Do book at restaurants beforehand if possible as they keep unusual hours."
"Sutherland is 'n klein en stil dorpie. Ongelukkig a.g.v. die inperkings kon ons nie SALT besoek nie. Ons het wel die planetarium besoek en het dit geniet. Ongelukkig het ons sterrekyk uitgereën. Verder was daar nie baie vir ons om te doen in Sutherland nie. Daar is wel wildsplase in die omgewing wat mens kan besoek as dit jou koppie tee is. Ons het die stilte en rustigheid geniet en die mense is baie vriendelik."
"Wonderlike plek om bietjie weg te breek en nader aan die natuur te kom. Rustige, dog besige dorpie, maar 'n wonderlike plek om te gaan kuier. Ons sal beslis weer gaan."
"The town itself is of little interest but very interesting if you are interested in the skies."
"Baie netjiese dorpie, sal definitief weer wil gaan. Eetplek (Boorgat) kan ons ten sterktste aanbeveel, diens, kos en atmosfeer fantasies!"
"Small, quaint town. Loved the planetarium which works even when the SAAO is closed. Great for one day, maybe two."
"There was no shop where one could even buy a sticker for their car. Would be great to have a tourist information centre in the town to tell you about sights and attractions within the town and in the surrounding region."
"Bespreek alles vooraf - veral met Covid. Ons het stargazing met Jurg gedoen. Die planetarium in die dorp besoek as ook SALT - alles hoe kwaliteit aktiwiteite. Heerlik geëet (Veral lamsdisse) by The Blue Moon en ook The White House Inn - kan dit aanbeveel!"