Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 34945 reviews.
"Mense van Hermanus kan beslis trots wees op hul dorp en hoe dit bestuur word. Ons was baie aangenaam verras oor hoe skoon, netjies en veilig dit is. Oral op die rotspaadjies was sekuriteitsmanne te sien en vrouens kon alleen stap/hardloop sonder probleme. Die natuurskoon is wonderlik en die restaurante en ander dienste oral in Hermanus was 'n plesier om te beleef. Dankie Hermanus en sy mense - ek wens ek kon daar woon!"
"Eerstewêrelds as vergelyk met die toestande in plekke soos Gauteng en Durban nie eers te praat van Suidkus (KwaZulu-Natal). "
"Die plaaslike bevolking kan met tye baie veeleisend wees en vat nie nee vir 'n antwoord nie. Die hoeveelheid klein kindertjies wat skulpie-kuns verkoop en bedel is nogal kommerwekkend."
"Soos te verwagte is Kaapstad 'n groot, besige stad, maar met baie dinge om te doen."
"Dit was vir ons gerieflik sentraal op ons blommetoer. Naby genoeg aan Nieuwoudtville en die kokerboomwoud. Met ons aankoms was dit nat en ons is afgeraai om die grondpaaie Gifberg en Maskamberg toe te verken. Nog 'n besoek aan Nieuwoudtville was welkom."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."
"Outlying areas - Gordon's Bay to Cape Town is depressing and scary. Felt unsafe."
Prince Alfred Hamlet, Western Cape
Bon Forelle Selfsorg"Sneeu-seisoen is pragtig! Andersins is dit meer van 'n sleepy hollow - rustig en rural. As jy dit soek is dit die plek om te gaan soek."
"Pragtige stranddorpie met uitstekende restaurante. Maak beslis 'n draai by Kookfontein. Beste ondervinding van ons verblyf in Lambertsbaai."
"Hermanus is 'n uitstekende vakansieplek. Ek het gewerk in die Hemel-en-aarde by 'n wynkelder. Ek het dit geniet. "
"Ons was so 'n bietjie teleurgestel in Lutzville, daar was nie opsigtelik veel om die dorp aan te beveel nie."
"'n Mooi dorpie wat goed geleë is op die N7! Daar is ook natuurlik die Klawer Wynkelders. Dit was ook veilig gewees om te gaan stap!"