Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2650 resensies.
"Ek is seker daar is baie te doen in die omgewing. Vir ons was dit ongelooflik om plasse water in die dorre Karoo te sien en om deel te kon wees van die inwoners se vreugde danse oor die Groot Gewer se genadewater. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar dis nader aan die Kaap as Gariep of Colesberg. Die volgende dag se rit is egter korter, wat 'n pluspunt is."
"Karaktervolle Karoo-dorpie in pragtige omgewing met talle goeie eet- en kuierplekke, met iets vir almal in die gesin."
"The 4 Sheep restaurant and shop at the garage an absolute must to stop at. Food is excellent and the prices are good."
"Bly amper elke jaar daar oor en vind dit 'n geskiedkundige dorpie reg vir die besoeker."
"Op pad Kaap toe was BFW spotless op 26ste Dec. Verras. Nie 'n papiertjie in sig nie. Op pad terug van Kaap af 3 Januarie was dit vuil, besig en onsmaaklik. Sou nie spesifiek soontoe gaan vir verlof nie, maar OK vir 1 aand se oorslaap a.g.v. ligging."
"Die dorp is een groot taxi-rank, maar rondom die dorp is 'n paar mooi plekke."
"Nice friendly people and very clean town, 4 Sheep Restaurant highly recommended."
"Was verfrissend om vinnig by te stop vir kosvoorraad teen goeie pryse. Een van die beter en groter Karoodorpies."
"Die Karoo sal altyd 'n spesiale plek in ons harte opneem. Skoonheid in andersheid."
"There's not an awful lot to but there are a handful restaurants in town. Very safe. "
"Dis soos ‘n liefdevolle familielid ─ jy weet nie hoekom jy van die plek hou nie, want dis vrek lelik, maar die gasvryheid van die mense maak dit lekker."
"Mooiste ou geboue! Propvol geskiedenis! Wye verskeidenheid, goeie gehalteverblyf (binne en buite die dorp)! Goed gevestigde dorp; baie winkeltjies ─ als wat jy nodig het sal jy kan kry. "
"Baie mooi. Ons was ongelukkig oor n naweek daar en min plekke was oop. Sou graag meer wou sien."
"Baie skoon dorp ten spyte van die volume mense wat daar deur reis. Welkome oase na die grougrys en beige van niks in die Karoo. Ons was net te moeg om te explore na die lang pad. En die Afrikaanse taal wat almal praat laat jou tuis en trots Afrikaans voel."
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "