Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3136 resensies.
"It is a lovely area to visit, less than an hour from Pretoria, and just a short trip from Dinokeng. We have visited this area a number of times in the past and will visit it again in the future."
"Ek is nie 'n stadsmens nie. Die stad bly maar baie besig en die totale verval begin oral duidelik wys. Baie ''homeless'' mense wat op die strate in die stad bly en by robotte bedel ens. Dit voel nie baie veilig in sekere omgewings nie en moet mens jou roete wat jy ry baie mooi uitwerk. Straatname wat gereeld verander en of verwyder word, help ook nie juis veel met dit nie. "
"February may not be the best month for game drives because of the inclement weather and humidity, but it's beautiful up there and we love it."
"Meyerton is 'n pragtige plek wat baie sentraal geleë is. My familie bly in Meyerton."
"Jammer, as jy in Stellenbosch woon is Johannesburg 'n werkplek! Gate in die paaie, verkeersligte buite werking, dooie straatligte, rommel wat rondlê, taxi's wat verkeersreëls verontagsaam. "
"Bietjie besig, maar lekker stil wegkruipeetplekke met goeie kos en flinke bediening."
"Johannesburg is stad, ons het al verskeie kere daar oorgebly, maar die keer was nie soos verwag het nie."
"Ek wat van 'n plaas afkom sal Pretoria net vir besigheid en noodsaaklike besoeke aanbeveel."
"Hekpoort self is baie klein, maar die hele area om Magaliesburg het vreeslik baie interesante plekke om te besoek. Die Madonna berry crush by Bru Haus is 'n goeie rede om net soontoe te ry van Johannesburg af, selfs net vir die middag."
"Baie naby aan Johannesburg. Is voorwaar lekker vir 'n vinnige naweekwegbreek. Reistyd is 1 en 'n half uur van Johannesburg."
"Die deel van Johannesburg was baie mooi en winkels was baie maklik bereikbaar."
"Courteous drivers, but roads need serious attention! People in Linden are very friendly."