Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 5212 resensies.
"Ons het die Paul Kruger-museum besoek en dit was 'n heerlike uitstappie vir my 6-jarige. Die museum word goed onderhou en daar is n karwag. Die stoomtrein trok was n onverwagse hoogtepunt. Heerlike etes by Brooklyn Square geniet."
"Ons eerste besoek aan die omgewing, sal op die uitkyk wees vir ander plekke daar."
"Pretoria bied baie aan, te veel om op te noem, en het 'n paar dae nodig om alles te verken."
"Daar is baie plekkies waar mens kan gaan rus in die vallei en sal dit beslis aanbeveel. Dit is veilig en baie mooi."
"Net verskriklik jammer om te sien hoe ons pragtige stad agteruitgaan. Ek is nou 63, en was as jong meisie in Pretoria, wat 'n nagmerrie nou vir die jong klomp!"
"Ek sal nou nie Meyerton kies om vrywillig heen te reis nie, maar dit was perfek vir die marathon."
"Pretoria is 'n wondelike toeristebestemming. Een van die mooiste en skoonste stede ooit."
"Baie dinge om te sien en doen in Johannesburg en omgewing. Mense mis uit as hulle verder gaan."
"Busy and roads are terrible. Facilities readily available - shops, food delivery and Uber."
"Ons het by ons kinders gekuier en ken Pretoria baie goed. Heerlike restaurante om by te eet: Blos in Olympus en Hudson's in Brooklynn. "
"Bly 'n pragtige stad, maar soos met baie ander stede moet mens uit die middestad wegbly!"
"Ek het die Midvaal maraton gehardloop en dit het in die donker begin & was verbaas om te dat ek die hoeveelheid straatligte wat buite werking was op my een hand kon tel. Dit is buitengewoon vir Gauteng."
"Interessante plek. Net jammer die vrou by Jan Harmsgat was so ongeskik toe ons daar wou inloer. Dit met 'n glas wyn in die hand. Ons het heerlik geëet by As Greek as it Gets."