Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1898 resensies.
"Ons het die oulike ou dorpie baie geniet. Die sterrekyk en bykomende opsies in die verband is baie goed geleë, goed geprys en die moeite werd in en om die dorp."
"Pragtige historiese dorp, baie van die kunshandelaars en plekke wat produkte produseer was oop (olywe, kaasmakery, ens). Vriendelike inwoners."
"Sal enigeen aanraai om Merweville te besoek. As jy opsoek is na stilte en rustigheid is dit beslis die plek."
"Ons het die besoek aan SALT baie geniet en al kon ons nie die sterre sien a.g.v. bewolkte weer was dit ‘n belewenis om in die Karoo oor te bly."
"Ons kon nie sterre kyk toe ons daar was nie so sal beslis weer teruggaan om dit te kan doen."
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien. Ek sou graag nog 'n dag daar wou deurbring."
"My ouers het daar gewoon so ek sal altyd 'n spesiale plekkie in my hart hê vir Prins Albert."
"Daar was geen eetplekke oop teen 6 uur die aand nie. Slegs Wimpy, Steers of Kentucky."
"Mooiste, rustigste dorp in Suid-Afrika. 'n Jaarlikse bestemming op ons lys om na uit te sien. "
"A great place to visit - the experience of the vast Karoo with a blend of spectacular mountains as a back drop .... and Open Art Sudios a great initiative"
"We loved it. From the Swartbergpas, fig farm and other nice things to do and see. The Rude Chef and African Relish where we had dinner were also really special."
"You definitely need to spend more than one night to explore what Prince Albert has to offer. Beautiful unspoilt, scenery. The best SA has to offer."
"My tuisdorpie met 'n nuwe baadjie aan. Wat kan ek sê, dit bly die beste dorp met baie om te bied in die land. Duidelik bly die pryse nie plattelands nie, maar dan weer, almal moet lewe en is niks regtig buitensporig nie. Prins Albert en omgewing bied iets vir almal - enkellopendes, gesinne en ouer mense en buitelandse toeriste - vra net en almal is vriendelik en behulspsaam. Minstens is die dorp ook baie mooi skoon - ander Karoo- en plattelandsedorpe steek erg af."
"Beste plek om te eet is by die White Inn Hotel oorkant Skitterland. Kos baie goed. Atmosfeer uitstekend. Host baie vrienelik."
"Besoek gerus die Nougat fabriek en luister na Marian en Suzaan se getuienis oor hoe die fabriek ontstaan het."