Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1877 reviews.
"Baie oulike dorpie vol vriendelike mense, plat op die aarde. Dit wat jy sien, is wat jy kry en meer. Doen jouself 'n guns en gaan loer. As jy stilte vir jou siel nodig het is dit die plek."
"Besoek aan Sutherland en omgewing 'n moet vir enige natuurliefhebber. Moenie uitstel nie!"
"'n Moet-sien dorpie. Die mense se gasvryheid het my opnuut laat besef dat daar nog goeie mense in die wêreld is en die dorp is so mooi. Lekker eetplekke en die mooiste kerk."
"Prins Albert is prentjiemooi met ongelooflike hartlike mense. Beveel die Lazy Lizzard aan vir uitstekende ontbyt. Dis 'n plek waar die lewe weer sin maak!"
"Krag af oggend met ons vertrek. Nie beurtkrag. Fase af op netwerk ... soos baie ander plekke in ons SA."
"We did the journey through the Swartberg Pass, quite scary, but certainly worth the effort. We ate at 2 different eateries and enjoyed both."
"Dit is 'n baie goeie oornagbestemming as mens wil rus vir die nag. Andersins lyk dit nie of daar veel te sien is nie."
"Vriendelike warm mense. 'n Plek om te ontspan in die heerlike Karoo weer eerder as om dinge te hê om te doen en te sien."
"Sutherland is 'n geskiedkundige dorp met 'n baie ryk erfenis. 'n Verskeidenheid aktiwiteite is beskikbaar waarvan 'n besoek aan die sterrewag asook sterrekyk 'n moet is. Aanbieders doen regtig baie moeite om leke soos ons te vertel waarna ons kyk as ons na sterre kyk. Sutherland behoort op enige reisiger se doenlysie te wees."
"Gee aandag aan paaie en meer toeriste sal daardie deel van die land besoek."
"Merweville is die tipe Karoo-dorpie wat in mens se hart kruip. As jy stilte en rustigheid soek hier het die tyd nog bietjie stil gestaan. 'n Plekkie met hartsmense, 'n plekkie wat meer verdien om besoek te word."