Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1898 resensies.
"Die Karoo is ongelooflik! Mooiste sterre wat jy ooit sal sien en rus vir die siel."
"Pragtige dorpie met baie potensiaal. Groter advertensieborde vir Prins Albert Olives en Weltevrede Vye Plaas moet in die dorp opgesit word. Min eetplekke beskikbaar."
"Dis 'n oulike dorpie met vriendelike mense. Dis beslis die moeite werd vir 'n oornagstop en as jy op soek is na rustigheid."
"Pragtige dorpie. Mooi skoon, paaie is in goeie toestand. Lieflike berge en uitsigte!"
"Weens 'n hewige haelstorm kon ons nie die aand stargazing doen nie, maar het nietemin die omgewing en besienswaardighede geniet."
"Ons geniet altyd ons verblyf in Prins Albert - pragtige dorpie! Hou dit asseblief net so."
"Pragtige klein dorpie met 'n rustige gevoel en kom netjieser voor as ander plekke in die omgewing. Restaurante bied goeie kos teen billike pryse vir die porsie grootte ontvang. Bietjie uit jou pad maar uniek genoeg om weer moeite te doen om hier verby te kom in die toekoms."
"Daar is nie veel anders om te doen as stêrre kyk en skaapvleis eet nie. Maar as dit is wat jy geniet is Sutherland vir jou. Dit is 'n belewenis gewees en sal defnitief dit aanbeveel om tenminste een keer te doen. In die somer was die dae warm maar nie ondraaglik nie en die aande heerlik koud"