Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 1877 reviews.
"Sutherland is a little gem that not many know of, it is a small town with the friendliest people. The main attraction is stargazing and the Observatory, was what captured my 10 year old."
"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."
"Ons sal beslis teruggaan. Daar is baie om te sien, maar ons tyd daar was te kort."
"Die pad na die sterrewag is nie op standaard nie. Die sterrewag self is baie onnet en word nie onderhou nie."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Swartbergpas 'n belewenis. As jy by padveiligheid hou is daar niks te vrees nie. Sou graag langer wou bly om Prins Albert meer te verken. Ons sal beslis terugkeer om Prins Albert en omgewing beter te wil leer ken."
"Die omgewing mooi, maar behalwe vir die Salt experience is daar nie veel anders om te doen."
"Daar was nie veel ander attraksies om te sien in die nabye omgewing van Sutherland, wat ons bewus van was nie. Ons was ongelukkig om nie na SALT te kon gaan nie, aangesien dit 'n bewolkte aand was en ons uitgemis het op die uitstappie aangesien dit gekanselleer is."
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Pragtige plekkie met gawe mense. Swartberg Hotel het lekker kos. The Ruud Chef ook heerlike kos, net jammer hul bedien nie ontbyt."