Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1898 resensies.
"Die pad na die sterrewag is nie op standaard nie. Die sterrewag self is baie onnet en word nie onderhou nie."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"
"Pragtige dorpie vir 'n wegbreek naweek. Daar is werklik iets vir almal om te doen. Ons het veral die "ghost walk" baie geniet."
"Swartbergpas 'n belewenis. As jy by padveiligheid hou is daar niks te vrees nie. Sou graag langer wou bly om Prins Albert meer te verken. Ons sal beslis terugkeer om Prins Albert en omgewing beter te wil leer ken."
"Die omgewing mooi, maar behalwe vir die Salt experience is daar nie veel anders om te doen."
"Daar was nie veel ander attraksies om te sien in die nabye omgewing van Sutherland, wat ons bewus van was nie. Ons was ongelukkig om nie na SALT te kon gaan nie, aangesien dit 'n bewolkte aand was en ons uitgemis het op die uitstappie aangesien dit gekanselleer is."
"Ladismith het nie baie winkels nie maar sal kry wat jy nodig het en dis baie rustig en stil!"
"Pragtige plekkie met gawe mense. Swartberg Hotel het lekker kos. The Ruud Chef ook heerlike kos, net jammer hul bedien nie ontbyt."
"So lekker gesels met almal wat ons op die dorp teëgekom het. Die Boekklub (reeks en restaurant), die slaghuis, Karoo Blessings (nougat), The Little Shoppe, die besonderse NG Kerkgebou, die staproete tussen Sutherland en Merweville, ens."
"Baie om te besigtig, jy kan halfpad opry met Swartbergpas, wat met aangryplike klowe en asemrowende uitsig beloon word (die mooiste deel van die pas) en terug keer binne 45 minute (14 km) terug wees in dorp. Netjies goed versorgde dorpie, lekker veilig stap in dorp tussen die netjiese, klassieke Karoohuisies! Ervaar Karoo-gasvryheid!"
"'n Pragtige dorp met hope interessante dinge om te sien en vriendelike mense."