Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Toekomstige besoekers aan Sutherland moet onthou dat die weer 'n groot rol speel in pogings om sterre te kyk. Ons besoek aan SALT was nie suksesvol nie as gevolg van die weer, daar was te veel wolke en die teleskope kon nie ingestel word nie. Die 3D vertoning by die planetarium was die besliste hoogtepunt, maar die teleskope kon nie ingestel word nie en sterrekyk was dus nie moontlik nie as gevolg van die wolkbedekking. Ons het Jurg se lesing by die woonwapark baie geniet en was bevoorreg om sterre te kyk met behulp van sy teleskope - ons sal altyd die ervaring koester."
"Prins Albert het ons hart gesteel. Dit is ons 2de besoek aan hierdie pragtige dorpie aan die hange van die Swartberge! As jy jou siel wil voed, soek na stilte en waardering het vir die grootheid en andersheid van die Klein-Karoo en jy die Swartberge en Meiringspoort wil aandurf, dis 'n stukkie hemel om die Swartberge! Prins Albert word so mooi instand gehou! Dankie daarvoor! My gees is ook sommer meer sensitief vir my Skepper! Heerlike eetplekkies en winkeltjies met antieke versamelstukke en produkte van die plaaslike omgewing."
"Heerlik om in die Karoodorp en die omliggende staproetes rond te dwaal. Al die inwoners het stories en tyd om dit te deel. Heerlike restaurante, kaas, wyn en kunservarings en 'n pragtige, gesellige hotel."
"Sutherland is maar 'n klein dorpie, maar is 'n moet om te besoek, veral vir sterrekyk. "
"Touwsrivier se dorp het historiese belang en daar is museumstukke om te besigtig. Die dorp is ongelukkig baie vewaarloos en dit breek die algehele ervaring af na 'n teleurstelling."
"Prince Albert is a lovely town, but be aware it is popular with tourists and ZA citizens alike. With this in mind don't assume you can just walk into a restaurant without making a booking. Also, note with trendy comes expensive prices. We had a meal at the Swartberg Hotel which was not great but quite pricey."
"Sterland was also a great outing. Jurg gives a great presentation about the stars and planets. Whitehouse Inn is a nice place for dinner."
"The outback country is remote and representative of the vast area and plains with flat tabletop Karoo koppies."
"What a pleasure driving into Prince Albert. The homes and businesses are beautifully painted and clean. No rubbish in the streets and roads are well maintained. "
"This place is more than just the SALT telescope. The planetarium, star gazing, restaurants and shops, walks around town, short drives in the general area, SALT tour and photography were all very rewarding!"
"As jy in die omgewing is, stop verseker in hierdie pragtige deel van Suid-Afrika. Dit is verseker rus en vrede vir die siel!"
"Prag dorpie met baie interessante winkeltjies en eetplekkies. Sou graag langer wou kuier."
"My verwagtings van Prins Albert was nie oortref nie. Het gedink dit gaan meer besonders wees soos bv. Clarens. Nie veel om te sien of doen nie behalwe stap, eet en drink. Die winkels ens. is nogals duur maar dit is seker te wagte vir 'n toerisdorpie. Dorpie self is pragtig en netjies."