Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2342 reviews.
"Ons het die Vetplantfees op Calitzdorp bygewoon en 'n veld wandel met Kevin Koen en sy heerlike manier van kennis oordrag was 'n hoogtepunt!"
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"A quirky place with wonderful surrounds, but it needs better places to dine - or at least advertise such places more widely."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Daar is verbasend baie om te doen in die area. Montagu skep 'n warm klein dorpie gevoel met baie outydse geboue en vriendelike mense."
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ons hou van die rustigheid. Sal daar wil aftree. Hoop die padwerke is klaar wanneer ons weer kom."
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Mooi omgewing om te gaan afskakel van 'n daaglikse roetine en deel te maak van jou vakansie."
"Pragtige en goed versorgde dorp, hier is baie te doen vir die buitelewe-entoesias en ook heerlike restaurante."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
"Tans baie padwerke, maar dit is in 'n besondere deel van ons provinsie en bied oulike eetplekkies en kunsvlytwinkeltjies."
"We were in Calitzdorp many years ago, and were sad to see that it seems to have become rather run down and neglected. We wanted to "support local" but the price of mutton was way more than CT prices, and the other local produce was mostly wilted."
"Gaan koop gerus potte vir jou huis in die hoofstraat, ongelooflike pryse, ons kon net nie meer in ons bakkie laai nie. Die raam plekkie naby die kerk: pragtig en vriendelike mense, goeie pryse! Heerlik aandete geëet by die portugese dame op die dorp!"
"Ons woon al 7 jaar in die Kaap en wou nog altyd McGregor besoek. Omdat dit nie op enige hoofroete geleë is nie, het ons verskeie kere verbygery en nooit afgedraai nie. En daarin lê die dorpie se bekoring. Jy moet 'n klein bietjie moeite doen om daar uit te kom (as mens die 20 km van Robertson af as moeite kan beskou), maar jy word beloon met 'n rustigheid wat moeilik te vinde is ."
"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "
"Eseltjiesrus se donkies maak mens se hart sag! Lord's wyne en McGregor wyne was net so lekker. Vriendelike mense, ons kom weer."