Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4827 reviews.
"Ek is nie seker oor Kaapstad nie, maar Simonstad sal ek hoog aanbeveel."
"We felt the love and we had a blast, Cape Town is beautiful and a great travel destination. We will definitely come back."
"Kaapstad is 'n uitstekende bestemming en veral ook vir my en my seun as fietsryers!"
"Die klein kusdorpies is 'n juweel weg van die middestad. Pragtige uitsig met oulike eetplekkies teen bekostigbare pryse."
"Ons is baie lief vir Kaapstad, my man en seuns is kranige fietsryers, so hy het al 20 fietstoere gedoen. Saam met dit maak ons dit sommer 'n kort wegbreek vir onsself."
"Kaapstad is die perfekte toeristebestemming. Soveel om te doen teen baie bekostigbare pryse."
"Baie besig. Lang rye vir alles. Bedelaars lastig, maar geen agressie. Mense vriendelik."
"Lekker kuier- en eetplekke op die wynlandgoed en omgewing. Veilige blyplek is belangrik."
"Groenpunt en Seepunt areas is te besig en aanhoudende verkeer maak die area te besig. Gebruik die area net vir die cycle tour. Sal nooit daar kan vakansie hou nie. Die area het ook te veel bedelaars en jy word oorweldig met die bedelaars op grondvlak. Groenpunt is beslis nie my vakansiebestemming nie."
"Ons kan gerus meer daarheen gaan - kry net die gevoel dat hulle uitermatig duur is rondom Seepuntarea. Die stad cater beslis meer vir internasionale toerisme. "
"Cape Town as capital destination doesn't do the smaller coast towns justice at all. Fish Hoek, Simon's Town and surrounding areas - thát is the true Cape experience."