Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Ek wens ons kon meer tyd daar deurbring! Polka Restaurant en die Windmeul-winkel reg langsaan was hoogtepunte. Vriendelike mense oral! Mag julle die goeie reën kry wat julle so nodig het!"
"Dis maar 'n ou droë dorpie, maar as jy daar in die week is, besoek beslis die Karoo Deli vir 'n lekker koppie koffie!!"
"Ek dink Hanover is 'n oulike dorpie en het baie toeriste-potensiaal. Die ingang en uitgang van Hanover moet net mooi skoongemaak en versorg word."
"Pragtige kunsmuseums en ander besienswaardighede, veral die groot kerk. Ons het die geleentheid gehad om 'n kerkdiens Sondagoggend by te woon met die kerk se 227ste verjaardag. Die vriendelikheid van die dorp se mense is merkwaardig. "
"Die laaste kans op die N1 na Johannesburg om die mooi natuurskoon aan te gaap en vars, skoon lug diep en lank in te asem, voordat jy die lang, plat N1."
"Ek sal nie langer as 'n naweek daarheen gaan nie, maar jy't 'n lekker vol naweek daar."
"Nie veel om te doen nie. Baie sprake van SKA, maar niks om te sien nie. Die museum is skoon en netjies in 'n pragtige ou saal."
"Baie interessante dorpie, ryk aan geskiedenis. So jammer die dam is dolleeg a.g.v. die droogte."
"Ek is nie 'n dorpsmens nie, maar in terme van alles wat jy mag nodig kry, het die dorp beslis die vermoë om te voorsien."
"Ons het baie lekker gebly en dit was 'n plesier om Prieska te besoek. Die Fort is kleiner as wat jy dink. Die mense se harte is groter as wat jy dink. Besoek gerus Excelsior se Antique Town en drink 'n doppie by die John se Saloon."
"The town is rich with culture and history as well as amazingly friendly people. The views are breathtaking over the Karoo and the monuments will keep you stunned of their beauty."
"Dit lyk na 'n lekker plekkie om 'n paar dae te ontspan. Ons was ongelukkig oor 'n naweek van Saterdagmiddag daar en dus was meeste plekke toe. Sal beslis weer 'n draai daar maak, maar die keer sorg dat ons deur die week daar is."
"Goeie stop op pad na Johannesburg vanaf Kaapstad. Uit ervaring moet 'n mens net wegbly van die hoofstraat a.g.v. die vragmotor verkeer regdeur die nag. Die keuse van restaurante is egter beperk."