Geverifieerde Resensie
Louis Trichardt
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Louis Trichardt bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 58 resensies.
"Soos alle kleiner Suid Afrikaanse dorpe is die tekens van munisipale agteruitgang duidelik sigbaar. Daar is geweldig baie slaggate en dit was duidelik dat die gastehuis sy eie watervoorsiening moet doen. Die omgewing vergoed egter tot n mate hiervoor."
"Om mee te begin: die N1 van daar af, dwarsdeur Musina toe, het ernstige aandag nodig om massas groot voertuie te hanteer. Dis soms chaos met al die trokke en pad is stukkend gery. Soos alle ander dorpe oral, is daar baie verbetering nodig om toeriste te lok. Ons ken dit al vir jare (familie daar). Dit is 'n pragtige dorp, met baie mooi omgewing/besienswaardighede."
"Al die plekke is nie begaanbaar vir gewone voertuie nie, maar sal vir seker die omgewing aanbeveel vir 'n wegbreek."
"Die woud is ongelooflik. Ek het dit vreeslik baie geniet en wil so gou moontlik teruggaan soontoe!"
"Maak die paaie reg en meer besoekers sal opdaag. Alles naby mekaar en mense vriendelik."
"Dit is n baie klein plekkie en nie veel om te doen self nie. Mens moet 'n ent ry om iets ta gaan sien en doen maar dit is so rustig daar!"
"Die dorp self is maar treurig, maar daar is 'n paar oulike eetplekke en daar word gebou aan 'n baie mooi mall met al die beste winkels."
"Ek het vir die dorp self nie eintlik ooghare nie. Ek gaan self net daarnatoe omdat ek moet. Bygesê, is die Bluegumsportpad en area vir my beeldskoon. Ek sal die bestemming aanbeveel vir mense wat hou van die natuur en buitelewe. "