Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3575 reviews.
"Kom al vir jare. Lieflike wegbreek. Baie jammer die strate en grondpaaie is so verwaarloos. Met enige sedan of kleiner voertuig is dit nagmerrie na en van blyplek."
"Baie mooi memories van Clarens saam met vriende en familie. Kos ens. ens. uit die boonste rakke!"
""Out of this world" Pragtige dorp, mooiste ligging. Veilig en skoon. Kan nie wag om terug te gaan nie."
"Clarens is nog 'n oulike plek - lekker restaurante, paar oulike winkels. Ongelukkig is daar heelwat vlooimarkte of kitswinkels van laer gehalte ook. Ek bemerk ook dat baie winkel-assistente en kelners uiters onvriendelik is. Hier en daar 'n gawe persoon. Ek is bevrees dat dit lyk asof Clarens, net soos baie van ons mooi dorpies, stadig agteruitgaan. Wens die regte bestuur kan betyds ingryp."
"Oofnagverblyf is veels te min om reg te laat geskied aan die pragtige dorpie en omgewing. Ons gaan beslis terug!"
"My fourth visit in 7 years - just cant get enough of the area and people. Such a wonderful place."
"Daar was minder oorspronklike kuns as wat ek verwag het, en heelwat prulwerk. Golden Gate park werd om te besoek."
"Dis voorwaar ’n juweel in die land van ons. As jy eers een keer jouself toegelaat het om daar te ontspan, is jou siel deel van daai mooi omgewing."
"The town has ample eateries for most tastes. It's literally on the doorstep from Lesotho border. It gives that lovely laid back feeling of the days when crime didn't exist. Great place for families when just wanna chill before venturing into Lesotho."
"I love it. Quality of life. Vintage shops. The food - oh my gosh. Its vibrant and buzzy and beautiful."
"Clarens bied 'n fantastiese kombinasie van baie verskillende aktiwiteite, heerlike klein restaurante, oulike winkels, ongelooflike natuurskoon en baie vriendelike inwoners. Ek sou dit veral aanbeveel vir besoekers wat in die week daarheen kan gaan indien jy 'n besige dorpie oor naweke wil vermy."
"Baie oulike toeriste dorp, pryse in winkels redelik hoog, hulle mik vir oorsese toeriste. Baie om te sien in die dorp en rondom."