Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 10360 resensies.
"Onverwagse oase in die Karoo. Grondpaaie met 'n fantastiese restaurant - Manna! Die Karoo-mense is vriendelik en gaan uit hulle pad om jou welkom te laat voel!"
"Mooi dorpie, maar ek was ietwat geskok oor die verval in die mooi dorpie. Daar is soveer mooi en ’n bietjie skoonmaak en opruim sal wondere verrig. Ek sal beslis weer soontoe gaan."
"Dis 'n oorslaapdorp en tipies Karoo. As jy van die Karoo hou, gaan jy dit geniet."
"A lovely little town. The hotel was the only place open to eat (26 December), and it was quite expensive, but very good food."
"Mooi plek met baie om te sien as jy bietjie moeite doen. Goed vir jou siel, goeie restaurante met heerlike kos om van te kies."
"Ons het net oornag en het nie veel rondgekyk nie, maar dit lyk na 'n mooi Karoo-dorpie."
"'n Moet-besoek vir enige vakansieganger of reisiger wat 'n paar dae wil ontspan. Geriewe is netjies. Diens is goed."
"Mooi landskap, panoramiese uitsigte, unieke plantegroei veral in die lente, kokerbome. Sal enige toeris aanbeveel om 'n draai in Springbok te maak."
"Pasop vir groot slaggate, maar andersins baie dinge om te sien, maar gaan slaap beslis by Padlangs!"
"Dis 'n baie rustige historiese stil dorpie met vriendelike mense - goeie slaapplek en eetplekke."
"We always enjoy stopping over in Colesberg, breaking our journey between Port Elizabeth and Johannesburg."