Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7939 resensies.
"Dis 'n pragtige dorpie in die Noord-Kaap, mense is baie vriendelik. Gaan beslis weer daar kuier met 'n volgende blommetrip. Baie sentraal om baie besienswaardighede te kan sien rondom die dorp."
"As jy daarvan hou om met jou boot uit te gaan is hierdie die ideale plek. "
"McDougallsbaai is 'n baie klein rustige dorpie en almal wat ons ontmoet het was baie vriendelik. Ons het ook orals veilig gevoel. "
"Nie wat ons verwag het nie. Dorp is vuil in vergelyking met Kathu. Kan nie eens die besienswaardighede gaan besigtig sonder waarskuwings oor moontlike kriminele aktiwiteite nie. "
"Britstown is a small town with no big shops or take away restaurants like we are used to coming from the city. I would suggest you buy groceries and meat at Victoria West Spar if you come from Cape Town and in Kimberley if you come from Jo'burg. There is a butchery in town but it closes early. After 6pm you will not find any spot open in town to buy food; except for driving 50 kms to De Aar for a Checkers or KFC. "
"Was just a stop-over on the long road, great restaurant in town called Manna Restaurant, well worth the visit."
"Calvinia is 'n klein dorpie met 'n trotse geskiedenis soos in die museum aan die lewe gehou word. As jy 'n oornagplek soek en 'n paar ure het om te kuier is Calvinia die plek."
"Ons moet bid vir reën vir die mense want die droogte is baie erg. Baie hartlike mense."
"Kimberley is baie verwaarloos en dis jammer dat die plaaslike regering nie hulle deel doen nie."
"Pragtige dorpie met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede in en om die dorp."
"Pragtige dorpie met soveel vriendelike mense. Restaurante top gehalte. Perfekte dorp vir oornag."