Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1451 resensies.
"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."
"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "
"Die plek is asemrowend mooi! Rustige atmosfeer waar kinders nog in die strate speel. Inkopiegeriewe is min. Daar is een algemene handelaar waar jy net die mees basiese produkte kan kry. Eetplekke is daar genoeg van. Daar is 'n drankwinkel ook. Dit is 'n arm dorpie (ten spyte van al die nuwe verblyf wat gebou is vir meer welvarende mense) en as sulks is daar heelwat bedelaars."
"Ons hou baie van stap, maar ongelukkig het ons kleindogter van 5 haar voetjie oopgesny met al die baie bottelstukke wat oral tussen die rotse rondlê. "
"Mal oor Paternoster! Rustige strande en dorp. Hou van die eenvoud. Sal vir seker weer Paternoster besoek!"
"Baie rustige en pragtige Weskus-vissersdorpie wat jou aan 'n ander kultuur in ons diverse land blootstel. Net jammer van die grootskaalse ontwikkeling wat die rustigheid en karakter gaan verander."
"Ry eenkeer deur Paternoster dan het jy als gedoen. Ná 'n sekere tyd van dag is geen winkels oop nie. Vredenburg darem nie te ver nie."
"Paternoster is 'n wonderlike dorpie en 'n plek waar mens altyd wil terug gaan - dis net die veiligheid van jou voertuig en die konstante seker maak oor vensters wat moet toe wat mens verskriklik af sit en pla. "