Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Paternoster is 'n pragtige plek maar het vanaf April tot nou heelwat verander. Winkeltjies is nie meer so interessant soos voorheen nie, niks wat uitstaan nie. Ek was half teleurgesteld, gevoel soos die einde van die seisoen."
"Ongelooflik lekker gekuier en was absoluut die ideale venue vir my 50ste!"
"Dit was so pragtig, kan oor niks kla nie. Baie lekker eetplekke en het mense geniet. Almal baie vriendelik en behulpsaam."
"'n Bekoorlike vissersdorpie met 'n unieke karakter en wonderlike eetplekke. Hier kan jy rus en ontspan."
"Die plaaslike gemeenskap is gedurig aan die bedel of soek borgskappe of wil iets verkoop al het jy nee gesê. Dit sal moet stop, want saam met die oralteenwoordige waarskuwings oor geringe misdade, raak dit in 'n klein tydjie te veel. Verder is dit een van die mooier plekke waar ek in 'n lang tyd gekuier het. "
"It is a very peaceful and tranquil area, but the crime is a problem. You are constantly on your guard and having to lock everything away all the time. If you are looking for things to do, you have to travel. Restaurants are very expensive and short in supply if you just want a quick snack. I did enjoy the peace and lack of barking dogs and racing cars. I did have a very nice break."
"Ek sou graag wou sien dat die ou oorspronklike vissershuisies in die middel van die dorp opgeknap word. Ek kan ook nie glo dat onwettige kreefsmouse helder oor dag krewe buite seisoentyd in die strate verkoop nie."
"Mal oor die dorpie! Die strand is pragtig en daar is baie om te doen. Onthou net die wind begin gewoonlik in die middag waai en kan nogal sterk raak! Gaan vroeg strand toe en gaan besoek die winkeltjies en ander besienswaardighede in die middag. "