Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1702 resensies.
"Paternoster is pragtig en het aan al ons verwagtings voldoen, sal bepaald weer gaan."
"Lovely little town. Many restaurants of high standard on offer and prices are fair."
"Wonderlike vissersdorpie. Rustig en nog plattelands. Hoop dit sal so bly, want dis wat die atmosfeer daar so aanloklik maak!"
"Die WiFi het geen opvangs nie en die mikrogolfoond het ook nie gewerk nie. Ek het my warmsakkie nog in die mikrogolf vergeet, wou dit warm maak en sodoende uitgevind dit werk glad nie."
"Pragtige dorpie, maar sal volgende keer eerder in die somer gaan i.p.v die winter. "
"Sal enige persoon aanbeveel. Dit is gelukkig ook nie so ver om te reis nie, veral as jy van die Wes-Kaap is."
"Baie min restaurante is oop gedurende die wintervakansie, so wees voorbereid. Daar is wel 'n winkel wat vir jou al die basiese dinge het en die naaste dorp, sowat 30 km of minder, het 'n baie ordentlike winkelsentrum."
"Paternoster is a wonderful vacation destination! We had the most wonderful experience while visiting. The residents are so friendly, kind and helpful - going out of their way to make one's stay an outstanding experience. This little holiday town will live on in our memories for a long, long time."
"Pragtigste winkeltjies met vriendelike inwoners. Jy kan nie verby ry sonder om die dag hier deur te bring nie. "
"Paternoster is 'n besonderse plek. Daar is lekker restaurante en die mense is baie vriendelik. "
"'n Wonderlike, ongekunstelde wegbreekplek uit die stad maar nog steeds naby aan alle gerieflikhede. Sal voortaan Paternoster elke jaar op die kalender sit om te besoek."