Geverifieerde Resensie

Prince Albert

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Prince Albert bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1060 resensies.

Prins Albert

Lavenders

"Oulike, karaktervolle dorpie. Heerlik geëet by The Gallery Restaurant."

Prins Albert

Elfen House and Cottage

"Uitstekende toeristebestemming!"

Prins Albert

Swartberg Cottages

"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."

Prins Albert

Aandrus

"Prince Albert en die Swartbergpas is werklik 'n moet-sien. So ook die nabygeleë Meiringspoort. Reisigers na Suid-Kaap vanaf Gauteng kan gerus die N12 vanaf Beaufort-Wes neem en die baie besige N1 vermy. Prince Albert is dan die ideale oornagplek, en jy kan dan maklik by die Kango-grotte aandoen nadat jy die Swartbergpas oorgesteek het en honderde foto's geneem het."

Prins Albert

Aandrus

"Op pad Kaap toe ry ons nooit Prins Albert mis nie, dit is die moeite werd om daardie paar kilometer van die N1 af te draai. Beplan jou reis so om daar te oornag. Dit bied jou die opsie om verder met die N1 Kaap toe te ry of na Hartenbos via Meiringspoort of oor die Swartbergpas."

Prins Albert

Elfen House and Cottage

"Pragtige dorp met wonderlike gerestoureerde geboue en huise en pragtige winkeltjies."

Prins Albert

Travellers Rest

"As recommended by Brian, we took the Swartberg Pass home. A route not to be missed. "

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Die mense was almal so vriendelik, die restaurante lewer goeie diens, en Saterdagoggend se plaasmark was heerlik! Sal graag weer kom kuier en vriende saambring! Wens ek kon 'n eiendom daar hê."

Prins Albert

Aloe Guest House

"Dis die skoonste en mooiste dorpie wat ek in n baie lang tyd gesien het. Die mense is vriendelik en die omgewing baie ryk aan geskiedenis. Enige fotograaf se droom! "

Prins Albert

Bid Huisie

"Pragtige dorpie en Gamkaskloof (Die Hel) is 'n moet sien!"

Prins Albert

Aandrus

"Wonderlike plek om vakansie te hou."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ideale plek vir fotografie-slypskool. Veilig gevoel om alleen in die dorp rond te stap."

Prins Albert

Travellers Rest

"Baie mooi en goed versorgde dorp met 'n interessante geskiedenis en mooi argitektuur. Die afwesigheid van goeie supermarkte (hoef nie groot te wees nie, net skoon en netjies en goed van voorrade voorsien) of selfs net kafees wat nie almal vyfuur toemaak nie, sal die dorp baie baat."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert het soveel om te bied, uitstekende restaurante, pragtige kunsgalerye, 'n paar wyn- en olyfplase in die omgewing. 'n Besoek aan Fernkloof wynplaas (wynproe), Gay Guernsy se melkery (kaasproe) en Karoo Kombuis restaurant (Karoo-lamsboud), het ons besoek aan Prins Albert bekroon."

Prins Albert

Karoo Khaya

"Prins Albert het baie om te doen en te sien en volgende keer gaan ons beslis langer bly."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Prins Albert is 'n belewenis - beeldskone klein Karoo dorpie."

Prins Albert

Karoo Khaya

"Net jammer dis so warm in die somer."

Prins Albert

Swartberg Hotel

"Die algemene voorkoms van die dorp is baie netjies en skoon. Mense kom ook baie vriendelik voor. "

Prins Albert

Yellow House

"Wat 'n wonderlike plek!"

Prins Albert

Aandrus

"Wonderlike plek."

Prins Albert

Acacia Cottage

"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"

Prins Albert

Karoo-Rust

"'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl."

Prins Albert

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"A must visit for anyone looking for "time out"."

Prins Albert

Yellow House

"Pragtige plek met baie bekoring."

Prins Albert

Swartberg Hotel

"Die rustigheid van die dorpie tref jou van aankoms tot ons vertrek het."

Prins Albert

Onse Rus Guest House

"Mal oor Prins Albert!"

Prins Albert

81 on Church

"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."

Prins Albert

Yellow House

"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."

Prins Albert

Onse Rus Guest House

"A charming small town with really active townsfolk doing all kinds of interesting things. Well situated stop-over for those going the Swartberg/Gamkaskloof way."

Blad
Blad 32 - Wys 931 tot 960

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang