Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 644 resensies.
"Vir Gautengers is die omgewing natuurlik onbeskryflik mooi. Die area is baie skoon en netjies en ons het nooit onveilig gevoel nie."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Avemore Eikehoff No 2"Baie om te doen en te besigtig, maar parkering is 'n groot probleem. Indien jy wel een kry, betaal jy R12 per uur met kaart, geen kontant word aanvaar nie."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Vin Suite"Lieflike restaurante en winkeltjies. Beslis 'n besoek werd."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Roosenwijn Guest House"Stellenbosch het soveel om te bied van kultuur, natuur tot lekker eet en drink. Beter om die dorp te voet te verken so laat jou kar by die gastehuis, want parkering is skraps. Buite dorp is hoogtepunte Dylan Lewis se beeldhouwerk tuin. Delaire Grass, Babylonstoren, Tokara, Peter Falke, Waterford, bied elkeen 'n unieke ervaring. Probeer ook die Grand Ladies soos Meerlust en Kanonkop. "
"Dalsig is 'n netjiese woonbuurt in die meer gegoede area van Stellenbosch. Dis 'n ideale oornagplek vir vir besoekers met mooi uitsigte op Stellenbosch se berge."
"Daar is baie te sien en te doen in die omgewing vir 'n kort vakansietjie. Ons het veral Giraffe House, Butterfly World en Spice Route geniet."
"Veilig en naby aan hospitaal en groot Spar. Enkele minute se ry na sentraal Stellenbosch. "
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Lemon Rind"Very nice area, would definitely go back to visit without a doubt."