Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9467 reviews.
Great Brak River, Garden Route
Beker Loop Oor"Baie lekker vakansiebestemming, wil sommer daar gaan aftree."
"In ag genome die Covid probleem is George steeds 'n lekker plek. Naby alles en dan praat die meerderheid my taal. Almal baie vriendelik. "
"Baie sentraal geleë om by verskeie plekke uit te kom. Pragtige dorpie."
"Ons bly in Heidelberg Wes-Kaap en ken die omgewing goed. Daar is baie te sien en te doen. Vir die avontuurlustiges is daar uitdagings. Elke dorp het sy spesiale bederfplekke."
"Dit is n plek met baie aktiwiteite in en rondom die dorp en dit word hoogs aanbeveel."
"Ons is baie lief vir Sedgefield vir al sy mooi strande en natuurskoon. Nuwe Spar en restaurant is 'n aanwins. Sou graag daar wou aftree."
"George en omliggende gebiede het ons voorwaar verras. Ons kon nie uitgepraat raak oor hoe skoon en netjies die dorpe is nie. Dit was lekker om op ordentlike paaie te ry sonder om bekommerd te wees oor potholes. Ons het ons vakansie in George baie geniet. "
"Ek is mal oor Knysna, maar dit is bietjie crowded in vakansie- en spitstye. Dit is 'n pragtige bestemming en jy sentraal tussen Plettenbergbaai en Sedgefield, daar baie toeriste-aantreklikhede rondom Knysna wat dit 'n ideale bestemming maak. "
"Die mense en algehele publiek is baie vriendelik en kan gerus 'n pluimpie van waardering toegedien word. Dit maak sommer dat jy op jou gemak is. Strande is baie mooi skoon net 'n jammerte dat die warm water swembad toe was weens opgradering."
"Shops and restaurants can make more of an effort to welcome visitors outside school holiday periods. Shops and restaurants closed very early making it difficult for those not on self-catering."