Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Lekker plattelanse dorp om rustig te word. Geen gejaagheid, lieflike mense om tyd mee te geniet. Lekker."
"Mosselbaai was en is nog altyd een van die beste vakansiebestemmings. Kom al vir die afgelope 50 jaar gereeld na Mosselbaai."
"'n Lieflike kusdorp met die mooiste strand, lekker staproetes en genoeg geriewe vir 'n lekker lang bly."
"Ek persoonlik hou meer van Hartenbos as Mosselbaai. Pragtige strand, alles is loopafstand van De Branders."
"Groot-Brakrivier is pragtig. Jy kry daardie veilige "village" gevoel en daar is oral plekkies om te verken. Sal definitief weer 'n draai daar gaan maak."
"Die Tuinroete... wat meer kan jy sê. Pragtige, lowergroen woude en natuurtonele. Groot vleie met baie voëllewe. Die boeremark op Saterdae is interrestant en beter as die meeste wat ek al besoek het, n die droëwors wat ek daar gekoop het was van die beste wat ek in 'n lang tyd geëet het."