Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8623 resensies.
Jan O. - 21st September 2016
staying in Hartenbos, Tuinroete
As jy wil ontsnap en menswees, besoek Harenbos.
Willem J. - 20th September 2016
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Pragtig en stil.
Daniela C. - 20th September 2016
staying in George, Tuinroete
Altyd 'n plek vol besienswaardighede en lieflike omgewing.
Louise K. - 19th September 2016
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Die dorp self het nie veel om te bied nie. Al die omliggende aktiwiteite is ongelooflik. Ons het Jukani, Birds of Eden en 'n game drive by die Plettenberg Game Reserve gedoen. Alles ongelooflike ervarings gewees.
Chris V. - 18th September 2016
staying in Sedgefield, Tuinroete
Alhoewel dit 'n fantastiese plekkie is, kort hulle definitief 'n slaghuis.
Elke R. - 17th September 2016
staying in Knysna, Tuinroete
Baie vriendelik mense óral!
Leanda W. - 16th September 2016
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lieflike plek vir vakansie.
Anika D. - 16th September 2016
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
Pragtig!
Inge M. - 16th September 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Stunning!
Ria V. - 16th September 2016
staying in George, Tuinroete
Mense baie vriendelik en baie skoon dorp.
Christine T. - 15th September 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld.
Zelda R. - 15th September 2016
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Baie lekker dorp, behalwe dat ons by Black Swan restaurant wou eet en die dame wat na ons toe gekom het was vreeslik onbeskof en het vir ons gesê hul is vol binne, maar ons kan buite sit. Toe ek vir haar sê die wind waai en dis koud, sê sy vir ons om in die rokerskroeg te sit en draai om en loop weg. Ek is deel van die Auto Mobile Association en besit 'n werkswinkel van hul en gaan dit met hul opneem, asook 'n brief in Oudtshoorn se koerant skryf om toeriste te waarsku om weg te bly van die Black Swan. Maar ons het nog steeds 'n wonderlike naweek gehad.
Monique O. - 15th September 2016
staying in Blanco, Tuinroete
Baie sentraal geleë. Die omgewing is pragtig, netjies en paaie in baie goeie toestand.
Anton F. - 15th September 2016
staying in Victoriabaai, Tuinroete
Beslis die moeite werd.
Shaneen B. - 15th September 2016
staying in Gouritsmond, Tuinroete
Dit is die perfekte plek om jou foon af te skakel en die natuurskoon te geniet. Van wandelroetes, vis vang en skulpies optel. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam.
Lize R. - 15th September 2016
staying in Tergniet, Tuinroete
Lieflike plek waar jy rustig kan ontspan en die see kan geniet.
Vonne V. - 15th September 2016
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Tuinroete
Would request golf games for guests staying at the golf course.
Andre K. - 14th September 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Pragtige plek.
Hannelie G. - 14th September 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Wildernis is 'n sprokiesmooi plek. Dit is rêrig 'n plek om weer te besoek en geniet.
Andre P. - 13th September 2016
staying in Hoekwil, Tuinroete
Baie mooi uitsig oral waar mens ry.
Aletta R. - 11th September 2016
staying in Piesangvallei, Tuinroete
Mooi en baie sentraal. See pragtig en verblyf is naby verskeie besienswaardighede.
Henry B. - 10th September 2016
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Ons het baie lekker gebly.
Hannes W. - 9th September 2016
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
'n Lekker plattelandse plek wat wag om ontdek te word.
Pierre J. - 9th September 2016
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Dit was pragtig en asemrowend. Was by die see in Plettenbergbaai. Die natuurskoon is uitstekend. Sal dit aanbeveel vir enige persoon wat in die omgewing is om 'n draai te maak in Plettenbergbaai. Volgende keer sal ek langer bly en my bergfiets saamvat.
Simon W. - 8th September 2016
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Lieflike plek, voorwaar!
Wynand L. - 6th September 2016
staying in Brenton-on-Sea, Tuinroete
Lekker sentraal geleë om baie ander dinge te gaan kyk.
Bokkie E. - 6th September 2016
staying in Paradys, Tuinroete
Pragtige plek met baie om te doen en te sien in die omgewing.
Maggie B. - 5th September 2016
staying in Stilbaai, Tuinroete
As 'n stil en rustige vakansie jou ding is, is Stilbaai net die plek vir jou. Die mense is baie vriendelik. Walvisse en robbe is heel sigbaar. Restaurante bied uitstekende kos.
Niny W. - 4th September 2016
staying in Hartenbos, Tuinroete
Dis die heel beste vakansieplek!
Hercules N. - 1st September 2016
staying in Danabaai, Tuinroete
'n Heerlike omgewing, rustig, ver genoeg van gedrang van Mosselbaai, maar naby genoeg om maklik en gou by die plekke in die omgewing uit te kom. 'n Pragtige omgewing met heerlike verrassings - soos bokkies en skilpadjies wat hier by jou op die gras kom wei - laat jou regtig veilig, rustig en tuis voel.
Elmien K. - 1st September 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Pragtige uitsig.
Alexis O. - 1st September 2016
staying in Albertinia, Tuinroete
Ek het self nie die dorp verken nie, maar die omgewing is pragtig.
Wilene S. - 1st September 2016
staying in Pinnacle Point, Tuinroete
I would like to mention that we arrived late Friday evening and the security wasn't sure what we needed to do to getting us to the lodge. I went to the hotel reception and they then assisted us promptly. May be it would not be a bad idea for the security at the gate to be advised what to do with lodge visitors who arrive outside of the office hours of the Pinnacle Point office.
Jd J. - 1st September 2016
staying in Witsand, Tuinroete
Wonderlike natuurskoon.
De Waal D. - 1st September 2016
staying in Hartenbos, Tuinroete
Sal beslis weer daar gaan ontspan en rus.
Henk B. - 30th August 2016
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Geniet die gasvryheid van die Klein Karoo en sy mense.
Ray B. - 30th August 2016
staying in Plettenbergbaai, Tuinroete
Baie lekker kuier-area.
Dirk K. - 28th August 2016
staying in Witsand, Tuinroete
Lieflike kusdorpie.
Maria S. - 28th August 2016
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker vakansie-area.
Annatjie S. - 28th August 2016
staying in Wildernis, Tuinroete
Die Map of Africa was 'n spesiale belewenis. Alle mense moet net daarvan weet. Daar was ook 'n vrywillige gids wat 'n mens rondwys en detail vertel. Uitsig na see ook baie spesiaal. Wildernis-strand 'n wonderlike stap werd met baie mooi spoelklippe en skoon sand. Die restaurant in die ou stasiegebou 'n besoek werd. Klein winkeltjies ook baie interessant.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za