Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9274 reviews.
"Ons het Mosselbaai baie geniet. Die stad is skoon en ons het veilig gevoel waar ons die museum en vuurtoring besoek het. Ons sal beslis weer na Mosselbaai wil reis en 'n bietjie langer daar wil oorbly."
"Baie welkom gevoel, Covid-19 het net teleurstelling gebring met plekke wat gesluit was soos die Rust en Vrede-waterval. Sou dit graag wou sien."
"Ek is lid van die ATKV en het gereeld op Hartenbos vakansie gehou. Hulle raak nou te duur."
"Almal wil altyd oorsee gaan om mooi plekke te sien Suid-Afrika het van die mooiste plekke om te besigtig . Dit is vir ons 'n bederf om langs die Tuinroete na die winkeltjies te gaan. Want die mense daar is so gaaf en behulpsaam en hulle het altyd 'n glimlag op hulle gesigte. Jy kry dit nêrens anders in Suid-Afrika nie."
"Ek is 'n voëlkyker. Dalk kan George 'n brosjure ontwikkel wat al die voëlkykplekke in die omgewing aandui. Dalk ook 'n soortgelyke kaart met al die eetplekke en restaurante."
"Pragtige dorp met interessante juweeltjies om te besoek. Genoeg om te doen. Heelwat koffiemeule vir ernstige koffieliefhebbers."
"George is super clean, has all the shops you need and is the perfect place, close to the beach, trial running, cycling, hiking, fishing spots. Would love to live there one day!"
"Very nice and save journey to travel. People were ver friendly. I would like to came back when they have the kunstefees again. "
"Ons dink daaraan om self daar te koop. Perfekte weer en temperatuur, wonderskone natuur, seewater temperatuur perfek, geen wind, net baie besig oor Desember."
"It would be better to plan a stay for a weekday as everything (giftshops as well as coffee shops where closed at 13:00 when we passed through the town on the Saturday and most of the wines farms and gin tasting were closed on a Sundays."
"The ban on access to the beach was a dampener but we found lots of other things to do in and around. The lagoon was something we did not know about until our stay - we enjoyed time there on paddle boards!"
"Knysna is baie sentraal geleë vanwaar alle besienswaardighede besoek kan word. Uitstekende bestemming wat jou iets van alles bied naamlik: berg, see en woud. Ook verskeie aktiewiteite vir die avontuurlustige. Ook talle restaurante in die omgewing om van te kies na elkeen se smaak."