Geverifieerde Resensie
Wellington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wellington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 180 resensies.
"Baie sentraal om die platteland (Boland) te verken en beskik oor die nodige winkels vir basiese benodighede. 'n Vyfsteratletiekbaan [1 van net 3 in ons land) waar ons seun kon oefen. Goeie restaurante net buite die pragtige dorpie."
"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
"Stellenbosch, Paarl en Franschhoek die meer bekende wynlandgoedere, maar Wellington staan geensins terug nie en het ook historiese besienswaardighede. "
"As jy wil wynproe in die area moet jy Val Du Charron gaan besoek vir hulle Pinot Gris 2015. Jy sal nie spyt wees nie! Dit is ook 'n baie mooi wynplaas!"
"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
"Bovlei is baie mooi. Doolhof en Diemersfontein se wyne is 'n moet vir 'n wynproe. As jy hou van "mountain biking", sal jy ook dit geniet om van die roetes daar te gaan uitry."
"Gerieflik geleë in die Boland naby Paarl, Franschhoek en Stellenbosch sonder die buitensporige pryse van toeriste-bestemmings in die gebied. "
"Goed geleë vir besoek aan verskeie wynplase en kelders in die omliggende omgewing."
"Ons het nie regtig gegaan om toeristebestemmings te besoek nie, maar wel om net 'n rustige naweek weg van die gewoel te geniet. Ek weet egter dat Wellington ryk is aan geskiedenis en sou graag meer daarvan wou weet en plekke van belang besoek as ek meer tyd vir rondry gehad het. "
"Wellington is almost the undiscovered gem of the Boland. A picnic at Cascade Manor and breakfast at Au de Hex is an absolute must. We have fallen in love with Wellington."
"Ons het spesifiek Wellington gekies om oor die Bainskloof pas met ons motorfiets te gaan ry maar ek was absoluut versot op die hoeveelheid ou geboue in die dorp en my kamera het oortyd gewerk."