Verified Reviews

West Coast

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast

Rated 4.5 out of 5 based on 6854 reviews.

Lamberts Bay, West Coast

Albatross No. 1

"Lambertsbaai is baie lekker plekkie om vakansie te hou en baie veilig om te bly. Ek sal Lambertsbaai aanhou kies om vakansie daar te gaan hou."

Paternoster, West Coast

Sandals

"Paternoster is 'n pragtige plekkie met heerlike eetplekke en 'n asemrowende strand en uitsig. Die klein winkeltjies was vir my bietjie duur, jy kan sien dis eintlik gemik op oorsese toeriste. Sou dit verkies as hulle die pryse aanpas om die lokale reisigers ook in ag te neem."

West Coast

Gifberg Holiday Farm

"Die blomme en omgewing is prentjiemooi, dit is net op die oomblik ontsettend droog. Kort baie dringend deurdringende reën."

Yzerfontein, West Coast

Oppi See

"Baie sentraal naby die talle besienswaardighede in Darling, die Weskuspark, Langebaan, Clyb Mykonos en natuurlik, Paternoster. Hierbenewens voorsien Yzerfontein is alle basiese behoeftes met 'n voortreflike inligtingsburo. Die dorp is baie skoon en goed versorg, op die oog af veilig en geen karwagte nie."

Paternoster, West Coast

Hocus Pocus Cottage

"Plek groei op 'n mens. Kettingwinkel of iets dergeliks sal verwelkom word."

Lamberts Bay, West Coast

Aan't See House and Apartment

"Lots of restaurant choices. Spar for shopping if self-catering. Real fishing village."

Lamberts Bay, West Coast

Sybillestraat 36

"Rustige, veilige dorpie met vriendelike mense. Ons het dit baie geniet. "

Doringbaai, West Coast

Diamond Divers Accommodation

"Dalk meer uitsoek viskos eetplekke sal gaaf wees."

Klawer, West Coast

The Vine

"Klawer is a very small town but a convenient stay over going to the North."

Elands Bay, West Coast

Ons Huisie

"Ons het die blomme baie geniet."

Port Owen, West Coast

Heron's Haven

"Voëlkyker se paradys. Boonop lekker sentraal om die groter omgewing te verken tydens daguitstappies. "

Klawer, West Coast

Lemoenkloof Farm

"Klawer is 'n baie sentrale dorp om in te bly en noord, suid of wes te ry en saans terug te kom na jou slaapplek. Die blomme was ook pragtig."

Doringbaai, West Coast

Thornbay Accommodation

"Klein dorpie, maar vol saligheid en vrede. Daar is 'n eetplek en wynproe op die hawe. Ons het ook plaaslike vissersbote ingewag as hul van die see af kom om te kyk na hul dag se vangs, terwyl die vuurtoring oor ons waghou. Mooiste grondpaaie in omgewing vir verkenning. Strandfontein baie naby en het ook heerlike eetplek met mooiste uitsig oor die see."

Paternoster, West Coast

Paters Haven BnB & Self-Catering

"Dit was 'n gerieflike plek om oor te slaap om blomme in die Weskus Nasionale Park, Tietiesbaai, Langebaan, Darling, Hopefield ens te sien. "

Blouwater Bay, West Coast

Kyki-C

"Peaceful and beautiful."

Klawer, West Coast

The Vine

"Mooi skoon dorpie."

Elands Bay, West Coast

Ons Huisie

"Elandsbaai is vir toeriste wat absolute stilte en rustigheid soek. Die restaurant in die hotel lewer voortreflike diens. Daar is nie winkels wat 'n groot verskeidenheid kruideniersware het nie, maar die wat daar is, het in ons behoeftes vir die 5 dae voorsien. Om die kilometers lange ysterertstreine te sien was 'n absolute belewenis!"

Klawer, West Coast

Oasis Country Lodge

"Daar is nie veel in Klawer te sien of te doen nie, maar gelukkig is daar dorpies soos Vredendal in die nabye omgewing wat meer bied in die vorm van restaurante, ens. "

Doringbaai, West Coast

Thornbay Accommodation

"Moet nie baie verwag nie, maar dorpie skoon. "

Lamberts Bay, West Coast

Bay Plaza

"Muisbosskerm op die strand, is ook 'n aanbeveling. Dis 'n belewenis en uiters rustige en gesellige restaurant op die strand. Die dorp is skoon en ons het deurentyd veilig gevoel."

Paternoster, West Coast

Sandals

"Die plek is asemrowend mooi! Rustige atmosfeer waar kinders nog in die strate speel. Inkopiegeriewe is min. Daar is een algemene handelaar waar jy net die mees basiese produkte kan kry. Eetplekke is daar genoeg van. Daar is 'n drankwinkel ook. Dit is 'n arm dorpie (ten spyte van al die nuwe verblyf wat gebou is vir meer welvarende mense) en as sulks is daar heelwat bedelaars."

Lamberts Bay, West Coast

Languedoc Verblyf

"Vriendelike mense en die lekkerste eetplek is Isabella's."

Lamberts Bay, West Coast

Bay Plaza

"'n Ete by Muisbosskerm word beslis aanbeveel."

Yzerfontein, West Coast

On the Beach

"Pragtige, gasvrye, vriendelike mense."

Jacobs Bay, West Coast

Weskushuis

"Is gek oor die plek. Sal vir seker weer teruggaan!"

West Coast

West Coast Luxury Tents

"Love the West Coast and the people that live there as they are friendly and warm. "

Page
Page 151 - Showing 4501 to 4530
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers