Mi Casa Selfsorg
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Geen kinders onder 4
- Vanaf R2 080 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mi Casa Selfsorg bied verblyf in Sinoville in die noorde van Pretoria. Die eenhede is deel van die hoofhuis, maar het elk hul eie, privaat ingang.
Die ruim ateljeewoonstel, Mi Casa, het 'n balkon en bied slaapplek vir 4 gaste. Die slaapgeriewe beskik oor 'n dubbelbed en 'n dubbel-slaapbank met 'n futonmatras. Die volledige en suite-badkamer het 'n outydse emaljebad en 'n stort. Gaste moet egter in staat wees om 13 trappe tot by die privaat balkoningang te klim.
Die eenheid beskik oor 'n kombuisie met 'n Snappy Chef-eenplaatstofie, yskassie en mikrogolfoond. Die sitarea het 'n TV en HD OpenView, fliek- en DVD-vermaak, maar ongelukkig geen DStv. Een veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar. Gaste het toegang tot die swembad en 'n Weber-ketelbraai.
Alhoewel die eenheid aan die agterkant van die erf geleë is, is dit wel oorkant 'n skool so sporadiese geraas kan verwag word.
Die Buona Vista-eenheid vorm deel van die woonhuis, maar het 'n eie, privaat stoepie en 'n vol en suite-badkamer met 'n bad en handstort. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. Die eenheid is aan die agterkant van die erf en het 'n uitsig oor die tuin. Braaigeriewe is beskikbaar. Dis naby die swembad en het 'n tuin-uitsig.
La Casetta is 'n eenheid wat geskik is vir 2 gaste, dit is apart van die hoofhuis en het 'n privaat ingang en parkeerplek. Dit het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n ketel.
Die woonbuurt is 'n tipiese voorstad en bied maklike toegang tot skole, kerke, inkopiesentrums, restaurante, aftree-oord, die Wonderboom Lughawe, Onderstepoort en Montana hospitaal. Verwag tipiese sporadiese geraas en verkeer. Die ligging is gerieflik vir toegang tot Limpopo en ander nasionale roetes soos die N1-suid en die N4. Kort uitstappies na Bela-Bela se warmwaterbronne en oorde, wildreservate, Dinokeng ensovoorts is 1 uur se ry van hier af.
Mi Casa maak ook voorsiening vir langer verblyftydperke en spesiale tariewe geld in hierdie gevalle. Sekere maaltye en huishouding/wasgoed-opsies kan dan ook ingesluit word. Bespreek asb. vooraf met die gasvrou.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Gaste dink Mi Casa Selfsorg het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sinoville Magalieskruin Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Antunstraat 266, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Geen kinders onder 4