Sabie Star Chalets
- Kapasiteit: 45 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sabie Star Chalets is buite Sabie in die hartjie van die Panoramaroete geleë. Die lodge is in 'n rustige omgewing op die oewer van 'n bergstroom en word omring deur woude en berge. Dis die ideale wegbreekplek vir diegene wat van die stad wil ontsnap.
Verblyf word in 15 smaakvol versierde chalets aangebied. Dit het moderne afwerkings en skuil tussen die bome.
Elke eenheid het 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toegeruste kombuis en 'n platskerm-TV met Dstv-gasvryheidspakket. Die chalets word daagliks skoongemaak. Wasgoed kan teen 'n ekstra koste gewas word. Die eenhede het hul eie braaigeriewe en/of 'n vuurput met hout wat daagliks voorsien word. Gratis WiFi is beskikbaar.
Ontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Gaste kan bedags langs die swembad ontspan of deur die lowerryke tuine vol voëls wandel. Daar is lieflike wandelroetes op die plaas deur die woud en langs die rivier.
Sabie bied 'n verskeidenheid restaurante en spog selfs met 'n bierbrouery. Die Sabie Country Club is 3 km ver en bied 'n gholfbaan, rolbal en muurbalbane.
Sabie Star Chalets is 52 km vanaf die Phabeni-hek na die Krugerwildtuin, so dis ideaal vir daguitstappies. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit God's Window, Graskop Gorge Lift, Pelgrimsrus, World's View, Drie Rondawels, Blyderivierspoort, Bourke's Luck se kolkgate, Sudwala-grotte, Echo-grotte en die Hazyview Elephant Sanctuary in.
Daar is ook wêreldbekende roetes soos die Fanie Botha-roete, die Loerieroete, Forest Falls Walk en al die watervalle in die Panorama-streek. Gaste kan ook die Mac-Mac-waterval, Lone Creek-waterval, Berlin-waterval en vele ander besoek. Daar is ook talle bergfietsroetes in die omgewing.
Vir meer avontuurlustige gaste is daar plekke waar hulle kan tjoepry, abseil, vierwielmotorfietsry, perdry, grotte besoek, bergfietsry, woude verken, canyons verken, voetslaan, zipline, riviervlotvaar, boomtoptoere geniet en verfbalspeel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Shawne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 328
Jaar gelys 11
Ligging
- Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Gaste dink Sabie Star Chalets het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sabie Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 45 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 2 Rietfontein Plaas JT193, Hazyviewweg, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom