Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Santos 57

Selfsorg
Santos 57
Vanaf
Vanaf R1 805
per eenheid
Beskrywing

Santos 57 bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in Santosstrand in Mosselbaai. Dit is 'n tweeslaapkamerwoonstel op die eerste vloer met see-uitsigte. Dié woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, 'n yskas, 'n oond en 'n stoof, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea beskik oor 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv. Gaste geniet toegang tot 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n wag op die perseel 24 uur 'n dag en gaste het toegang tot parkeerplek buite. Santosstrand is 'n Blouvlagstrand wat in die gewilde vakansiedorp Mosselbaai geleë is. Die groot, oop strand bied uitsigte oor die baai en dis die ideale plek om walvisse en dolfyne vanaf Mei tot Oktober in die see te sien baljaar. Santosstrand is fantasties en ideaal vir 'n groot verskeidenheid watersport en -doendinge soos paddle-ski, branderplankry, bootritte, duik en hengel. Santosstrand is ideaal geleë naby aan 'n hele rits restaurante en plaaslike besienswaardighede.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Badkamer
  • Stort
Kamergeriewe
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
Vermaak
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Die breekskadedeposito is 7 dae na vertrek terugbetaalbaar indien alles in orde is by die eenheid.

Indien gaste later wil inklok moet hulle asb. vooraf reëlings tref.

Addisionele fooie sal gehef word in die geval van enige van die onderstaande situasies:

- Indien gaste in die eenheid rook
- Indien die skottelgoed nie gewas is voor vertrek nie
- Indien gaste die eenheid nie toesluit nie
- Indien gaste nie die sleutels met vertrek teruggee nie
- Indien gaste na die inkloktyd arriveer
- Indien meer gaste as waarvoor bespreek is die eenheid beset
- Indien daar enige merke of vlekke op die meubels of matte is
- Indien troeteldiere in die eenhede is sonder toestemming
- Enige breekskade of tekortkominge
- Enige buitensporige geraas of stoornisse wat veroorsaak dat die bure kla
- Indien gaste die inhoud van verskillende eenhede meng bv. eetgerei en breekware ens.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R1 805
per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George-straat 1, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcbf4e0dd8ecba8c148de92c73a2fa69d1c2744099244b1f9a1e945e54250bc5249df64b4070cb00d1f18e0d3c49068b86e03?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 805 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 1 George Road Mossel Bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.178151417621 22.135986685753
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem