Yzerfontein Akkommodasie by Sunset Villa | LekkeSlaap
+48
+48

Sunset Villa

  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenkantstraat 60, Yzerfontein, Kaapstad, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sunset Villa is in die bekoorlike Weskusdorpie, Yzerfontein, geleë. Die villa bied gerieflike gehalte-verblyf en is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n rustige vakansieplek by die see. Sunset Villa is naby alle geriewe en net 'n klipgooi van die strand af.

Die Sunset Villa is op die boonste verdieping en het 4 slaapkamers, 3 badkamers en het slaapplek vir 8. Dis in 'n L-vorm om die swembad en binnehof gebou met 'n noord-uitsig. Daar is 'n lieflike uitsig oor die see van die braaikamer af en ook vanaf die stoep wat reg rondom die huis strek. Daar is dekstoele vanwaar jy ook die uitsig kan geniet.

Die ateljeewoonstel is op die onderste verdieping en het ’n oopplan-eenheid met ’n badkamer, kombuis en 'n sitarea. Die woonstel het sy eie privaat ingang en binnehof met 'n braai en sierfonteintjie. Die woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders jonger as 13 jaar.

Jy kan navraag doen vir albei eenhede met slaapplek vir 12, maar dit word ook apart verhuur.

Die hoofhuis se geriewe sluit 'n biblioteek, boma met 'n braai, Jacuzzi langs die swembad en parkeerplek vir 3 voertuie in. Daar is openbare parkeerplek en 'n paar winkels oorkant die pad. 'n Skoonmaakdiens kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word.

Kom ervaar die Weskus in al sy glorie tussen Augustus en November wanneer die blommeseisoen is.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en studente, funksies vir besighede, ram- of hennepartytjies of visvanggroepe word ook nie toegelaat nie. Die verblyf is net geskik vir gesinne of paartjies.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 18 resensies vir Sunset Villa
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Buitenkantstraat 60, Yzerfontein, Kaapstad, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sunset Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buitenkantstraat 60, Yzerfontein, Kaapstad, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2ZjM4NmZkLTY4MzEtNGJjZS1hMmM2LTk0OGZjZWFmYzhkZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 60 Buitekant Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.346398114969 18.158980080951
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za