The Big Tree Main House
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Margaret West-straat 2, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
The Big Tree Main House is in 'n natuurgebied met 'n welige tuin in Hersham, Groot-Brakrivier. Dit is stapafstand vanaf die strand en 'n 9 putjie-gholfbaan en ook net 2,5 km vanaf die De Dekke-besigheidskompleks. Dit bied 'n pragtige uitsig vanaf beide die leefarea en balkon.
Die gastekamer in die hoofhuis bied verblyf aan 'n gesin van 3 met slaapplek vir 'n vierde gas op 'n slaapbank in die sitarea. Gaste moet asb. net vooraf laat weet, sodat daar beddegoed kan wees. Gaste het ook toegang tot die oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed. Die aparte gedeelde badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n mikrogolf, stoof, oond en yskas-vrieskas toegerus. Gaste het ook toegang tot onbeperkte WiFi, DStv Premium en wasgoedgeriewe. Braaigeriewe is binne en buite beskikbaar, en daar is 'n lieflike tuin.
'n Deel van die tuin is omhein wat dit troeteldiervriendelik maak. Daar word egter aanbeveel dat troeteldiere in die motorhuis slaap, aangesien die hele huis, behalwe kombuis, matte het.
Veilige parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar. Daar is 'n goeie buurtwag en dis veilig om te stap en die roete bied 'n uitsig oor die riviermond en see tot by Mosselbaai.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Veronica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Jaar gelys 6
Ligging
- Margaret West-straat 2, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink The Big Tree Main House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hersham Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Margaret West-straat 2, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom