Buiten Tafelberg, legio wynplase en ’n kuslyn wat die Atlantiese en Indiese Oseaan insluit, het die Wes-Kaap ook ’n rits dorpe met naamgenote in Brittanje, die Verenigde State van Amerika en selfs in Nieu-Seeland. Daarom het LekkeSlaap 10 Wes-Kaapse dorpe uitgesoek wat eweknieë in die buiteland het en ons deel graag ’n handjie vol ooreenkomste en verskille wat jou dalk net sal verstom!

Llandudno

A post shared by Lynette Botha (@lynetteb_) on

Llandudno lê teen die Atlantiese Seekus en bied ’n beskutte baai aan die voet van die Twaalf Apostels omring deur groot rotse. Dié kusbuurt kry sy naam by Wallis se grootste kusoord wat op sy beurt na die beskermheilige St Tudno vernoem is.

A post shared by Shaun Page (@warehouse606) on

Blyplekke in Llandudno

Gastehuis | Selfsorg

Malmesbury

A post shared by Teri Olivier (@teri.olivier) on

Malmesbury vorm die hartjie van die Swartland en word omring deur koringlande. Soos menige plattelandse dorpie het Malmesbury rondom die Moedergemeente Kerk ontwikkel en boorlinge het ’n kenmerkende bry. Dié dorpie is vernoem na die graaf van Malmesbury en sy naamgenoot is ’n markdorpie en plaasgemeenskap in die graafskap, Wiltshire, Engeland.

Blyplekke in Malmesbury

B&B | Gastehuis | Selfsorg

McGregor

A post shared by chopandred (@chopandred) on

McGregor is ’n plaasdorpie sowat 150 kilometer van die Moederstad af waar die meeste produkte plaaslik geproduseer word. Dit vorm ook die eindpunt van die bekende Boesmanskloof-voetslaanroete wat buite Greyton begin. Daarenteen is McGregor se naamgenoot ’n stad in Texas, VSA, wat oor twee distrikte strek.

A post shared by Dave (@davecee1977) on

Blyplekke in McGregor

B&B | Gastehuis | Selfsorg

Philadelphia

A post shared by strauss (@kapteinyster) on

Dié luilekker dorpie is naby Kaapstad en het verskeie fynproewersrestaurante ─ ideaal vir ’n Sondagmiddag-uitstappie. Die naam beteken “broederliefde” en dié sentiment word uitgebeeld in die 1993-rolprent Philadelphia wat in sy Pennsylvaniese naamgenoot afspeel.

A post shared by Léo (@xzh666) on

Blyplekke in Philadelphia

Selfsorg

Porterville

Porterville skuil aan die voet van die Olifantsrivierberge en is die rustigheid self. Proteas en koring is volop in dié geweste en jy kry sommer al die winkels en restaurante in die hoofstraat. Op eie bodem is dié dutjiesdorp enig in sy soort, maar in die VSA het hy naamgenote in Kalifornië, Texas, Utah, Kansas en Mississippi.

A post shared by Vero (@dulce_veros) on

Blyplekke in Porterville

Gastehuis | Selfsorg

Robertson

Robertson staan bekend as die wyn- en roosvallei en lê pens en pootjies op die gewilde R62-wynroete. Dié wyn-mekka het ’n naamgenoot in Australië se Nieu-Suid-Wallis. “Robbo” soos dit onder die plaaslike inwoners bekendstaan, is ’n hoë reënvalgebied met vrugbare grond waarin aartappels gekweek word. Dié landboudorp het ook as stel vir die 1995-rolprent Babe gedien.

A post shared by Eryn Norton (@erynnorton) on

Blyplekke in Robertson

B&B | Gastehuis | Hotel | Selfsorg

Sedgefield

A post shared by Lena (@_lenaoff_) on

Sedgefield is ’n droombestemming met ’n sprokiesagtige strandmeer op die Tuinroete tussen George en Knysna. Sy oorspronklike naam was Ruigtevlei en dis later herdoop na die Suid-Afrikaanse politikus, wyle Henry Barrington, se geboorteplek ─ Sedgefield in die graafskap, Durham

Blyplekke in Sedgefield

B&B | Gastehuis | Selfsorg

Stanford

A post shared by I n a O t t o (@ina__o) on

Die verlede leef behaaglik voort in dié Overbergse rivierdorpie met sy Eduardiaanse en Kaap-Victoriaanse huise wat uit die 1800’s dateer. Stanford het verskeie Britse naamgenote in Bedfordshire, Essex, Kent, Norfolk, Northamptonshire, Nottinghamshire, Oxfordshire en Worcestershire, asook in die Amerikaanse state Kalifornië, Idaho, Indiana, Illinois, Kentucky, Montana en New York.

A post shared by Nara Vu (@naravu1) on

Blyplekke in Stanford

B&B | Gastehuis | Hotel | Selfsorg

Wellington

A post shared by Danielle (@danielleterblanche) on

Dié sluimerende dorpie skuil aan die voet van Groenberg in die Kaapse wynlande en is alombekend vir wyn, tafeldruiwe, sagtevrugte en brandewyn. Wellington is vernoem ter ere aan Arthur Wellesley, die eerste hertog van Wellington wat Napoleon by die Slag van Waterloo oorwin het. Sy Suidelike Halfrond-naamgenoot is Nieu-Seeland se hoofstad wat óók na die hertog van Wellington vernoem is.

A post shared by Kevin Williams (@takethatkevin) on

Blyplekke in Wellington

B&B | Gastehuis | Hotel | Selfsorg

Worcester

A post shared by Chris du Toit (@cdutoit) on

Dié Breederiviervallei-dorp is die grootste in die Wes-Kaapse binneland en ’n ware bergparadys! Daar is minstens sewe bergpasse wat na Worcester lei en die dorp word omring deur die Stettyns-, Slanghoek-, Klein-Drakenstein-, Elandskloof- en Limiet-bergreekse, asook die Du Toitskloofberge. Sy Engelse naamgenoot is ’n stad in Worcestershire waar tradisionele worcestersous vandaan kom.

A post shared by Emma 🇬🇧 (@afterlight92) on

Blyplekke in Worcester

B&B | Gastehuis | Selfsorg

Daar is boonop ’n spul Kaapse voorstede met oorsese naamgenote, soos Boston, Scarborough, Plumstead en Clifton ─ die Wes-Kaap lê voorwaar die hele wêreld vol! Loer gerus na die Noord-Kaap, Mpumalanga, Limpopo en Vrystaat se naamgenote en laat weet ons as jou tuisdorp óók ’n internasionale eweknie het.

Hooffoto: Koringlande in die Swartland (Bigstock)