Geverifieerde Resensie
Agulhas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Agulhas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 410 resensies.
"Die vraag oor Lessenaargeriewe in ons kamer was vir ons irrelevant. In die kombuis was 'n heerlike groot tafel wat 100% aan ons behoeftes voldoen het."
"Aangename verrassing. Pragtige winkeltjies met kuns en handwerk. Heerlike etes."
"Lekker plekkie met die 2 Oceans wat binne loopafstand van restaurante en ander plekke is. Die natuur is mooi met die berg aan die een kant en die see aan die ander kant."
"Agulhas itself is wonderful. We did the long walk and visited the lighthouse. We had a very nice fish meal in the local restaurant and bought and sent postcards from the local supermarket. Spotted wales as well! We will be back to Agulhas."
"Daar is nie veel om te doen in L'Agulhas/Struisbaai nie en sal voorstel dat mense dit net 'n dagbesoek maak. Die restaurante is 'n bietjie duur en diens nie te goed nie."
"Ons eerste besoek hier en met geen vooropgestelde verwagtings. Vir ons was aangenaam."
"Wonderlike ervaring selfs vir ons wat al jare in die Wes-Kaap woon. Die natuurskoon en omringende oseane is asemrowend."
"L'Agulhas is 'n pragtige dorpie waar die 2de oudste vuurtoring steeds sy lig laat skyn. Die dorpie het 'n baie gesellige koffiewinkel, Suidpunt Potpourri, waar die mooiste items vir jou huis gekoop kan word. Die natuur lewer geleentheid vir fietsry en stap op die mees Suidelike punt van Afrika."