Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4936 reviews.
"Kaapstad is 'n internasionaal-erkende toeristebestemming en doen hierdie erkenning gestand met onderskeiding."
"Ek verhuis binnekort hierheen. Kaapstad is pragtig - skoon, goed in stand gehou, strukture wat goed funksioneer."
"Kaapstad was nogsteeds die mooiste en dit sal die mooiste bly. Ten spyte van die negatiewe sensasies maak ons die beste daarvan."
"Kaapstad verskriklik mooi. Daar is so baie om te doen. Mense is vriendelik en sit hulle beste voet voor."
"Ons het Kirstenbosch en Groot Constantia besoek wat naby ons verblyf was, asook Houtbaai. Ons het ons kuiertjie in die Kaap terdeë geniet. Net jammer dat Eskom 'n paar plekkies vir ons onmoontlik gemaak het."
"Jammer ons moes terugkom Pretoria toe. My tienerseun het die Kapenaars as inhalig beskou as dit kom by verkeer. Rytoegang was nie iets wat vrylik gegee was nie. Die Kaap is pragtig."
"Hartseer om te sien hoeveel boemelaars lê rond, ons wou die kasteel besoek, onbegonne taak. Dis hartseer om te sien dat ons geskiedenis so ten gronde gaan. Ek wou my kinders die kasteel gaan wyss, maar waar parkeer mens? Orals lê mense rond, nee wat ek het so onveilig gevoel en dit sommer gelos."
"Paaie het min slaggate en die ligte brand snags. Baie meer om te sien as wat mens tyd voor het."