Geverifieerde Resensie
Cape Winelands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Winelands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3635 resensies.
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Keerweder - A Place of Homecoming and Tranquility"Ons eerste keer daar en dis ongelooflik skoon en netjies. Ryk aan geskiedenis en gasvry!"
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
La Montagne Lodge"Dit is n baie lekker bestemming. Ek dink net nie al die toeriste en hotel is al reg vir die toeriste nie. Ons het in een aand twee bloutjies geloop. Hotel het nie die verskeidenheid Gin gehad nie. Restaurant wat bekend is vir Hake en Chips het nie dit in voorraad gehad op 'n Vrydagaand 19:00 nie."
"Ek dink Stellenbosch is 'n heerlike plek om 'n paar dae by te kuier. Gaan sien die Vriedenheim wynplaas, hulle tuine is so mooi. Gaan drink 'n koffie by Hudsons, of gaan eet by Barique of die Volkskombuis. Stap af in Dorp- en Andrigrastraat, drink 'n koffie en voel die vibe. Vir my is dit dit my huis al het ek nie in Stellenbosch grootgeword nie. Huur 'n fiets en ry bietjie rond, gaan na die markte op 'n Saterdag, die Lierbeheim mark, die aarbeiplaas, daar is nog soveel goed. Dit kan net baie warm raak daar."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
Onse Kasteel"Ons het gehou van die atmosfeer in die kunstenaarsdorp. Lekker om al die interessante winkels te besoek."
"Ons het Saterdag uitgery vir n wynproesessie. Ongelukkig weens Covid was baie van die plekke toe of baie stil. Maar ek besef dis nie hulle skuld nie. Ons het wel 'n Gin-toets gedoen by Wild Rose. Die eienaar, Nadia, is amazing. Nuwe vriend gemaak daai dag. Wellington is 'n pragtige dorp en ek sal definitief weet teruggaan soontoe."
"Lekker plek om vakansie te hou. Ons het dit geniet, strate is mooi skoon en mense besonders vriendelik en behulpsaam."
"I was born and raised in Paarl, and I will always go back. There are so many memories and cultural attachment. There are also so many things to do and see, that you cannot stay just for a weekend."
"Mensig maar ons land is mooi! Een van die lekkerste vakansies wat ek nog gehad het."
Riebeek-Kasteel, Kaapse Wynlande
3 Walter Street"Riebeek-Kasteel is ‘n wonderlike naweek wegbreek. Die restaurante en wynplase is van top gehalte en die dorpie se klein winkeltjies bied alles wat mens wil hê."
"Beautiful vineyards and mountains just down the Main Road. Historic monuments, National Parks and amazing hiking trails a couple of minutes away."
"Baie mooi deel van ons land. Wingerde, boomryke dorp en genoeg besighede om van te kies."
"My third visit to a workshop at Millstone Pottery. My husband enjoyed all the walks around McGregor and found the people friendly and helpful. We will go again."