Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Hoop dat Prince Albert sy uniekheid en karakter kan behou, ten spyte van meer toeriste. Pragtige dorpie. Nog net nie ’n goeie koffiewinkel gevind nie - sommige koffies is maar flou. Maar by Ta Mala - daar was selfs filterkoffie in huise! Dubbele sterretjie!"
"Wonderlike dorpie met fantastiese restaurante en aktiwiteite om elkeen se smaak te pas. Kom ervaar Karoo-gasvryheid op sy beste!"
"Beaufort West is a beautiful place. The atmosphere and the place you see is definitely worth seeing."
"Ons het die een restaurant besoek en het dit baie geniet. Ons kan seker nie behoorlike kommentaar lewer nie aangesien ons besoek net vir een nag was."
"'n Oulike dorpie met gasvrye mense, waar jy stilte, rustigheid en die sterre kan geniet."
"Benodig nog 'n kruideniersware-handelaar om pryse te stimuleer, Spar is uiters duur."
"Mense op die dorp het ons ontvang met plattelandse vriendelikheid, wonderlike afsluiting van troue-naweek. Lekker-lekker."
"Nice town. Fairly clean. Got all the basic shops and food places needed. Friendly people."
"Prince Albert is an unexpected oasis of charm and culture that evokes the best features of a bygone era."
"Die dorpie is pragtig skoon met voldoende winkels. Die ou huisies is pragtig in stand gehou en ons het dit geniet om daarna te kyk. Die Swartbergpas en Meiringspoort is byderhand om die natuur te geniet! Ons is voëlkykers en was nie teleurgesteld met die verskeidenheid nie. Ons het Prins Albert tevore besoek en sal dit weer doen!"
"Moeilik om regverdige kommentaar te lewer. Ons was veels te kort daar. Moes ten minste nog 'n nag of twee oorgebly het. Die tyd was nie reg vir 'n besigtigingstoer nie en die teater was ook nie oop nie. Die persoon wat spookstories vertel was met vakansie. Sal graag weer wil gaan en hoop om meer te kan doen."
"Die stormloop van bedelaars wat teen jou voertuig-ruite slaan en op jou gil maak werklik groot afbreek aan die dorp."