Geverifieerde Resensie

Lamberts Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 989 resensies.

Lambertsbaai

Albatross No. 2

"Lekker rustige dorpie."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Oulike dorp met lekker restaurante soos High Tide, Muisbosskerm en Funky Tastebuds."

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"Heerlike plek, die wind is net nie vir ons nie. "

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"Oulike plekkie. Die mense is vriendelik."

Lambertsbaai

Arendzicht

"My hart is in die Weskus. En Lambertsbaai het alles wat nodig is vir 'n ongelooflike vakansie."

Lambertsbaai

Albatross No. 8

"Pragtige plekkie, vriendelike mense, topklas restaurante en goeie waarde vir geld."

Lambertsbaai

Albatross No. 5

"Baie lekker en rustige plek. "Rustic, laid back" atmosfeer."

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"Baie lekker plek met vriendelike mense. Die weer was bietjie koud maar met die lekker warm kos by die restaurant was ek gou-gou vergete van die koue."

Lambertsbaai

Sybillestraat 36

"Muisbosskerm was 'n teleurstelling en waarde vir geld kan ernstig bevraagteken word. "

Lambertsbaai

Bougain Villa

"Ons het baie meer van die dorp verwag. Ek het gedroom oor 'n plek waar ons vars vis by bote kon koop en miskien 'n krefie êrens in die hande kon kry, maar nee. Ons moes hoor dat die kreeffabriek nou 'n aartappel/chips fabriek is. Die voëleiland is vervalle en bied die besoeker bitter min vir die R40 toegang geld. Ek het nie baie veilig gevoel om in die dorp rond te stap nie. Aangesien die dorp uiters swak beplan is moes ons baie soek na winkels vir ons benodigdhede. Ek twyfel of ek weer die dorp sal besoek. "

Lambertsbaai

Kookfontein Farm Cottages

"Interesting birds and good fish."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"It was a lovely, quite little town, enough beaches, restaurants and enough to do in the 4 days we were there."

Lambertsbaai

Sybillestraat 36

"Sea is beautiful."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Lambertsbaai was nie vir ons so indrukwekkend gewees nie, daar was nie veel om te doen nie, voel maar soos 'n gewone vakansie-dorp."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Baie mooi en rustige dorp."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Netjies en skoon dorp met baie lekker etes by Isabellas."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Prag plek."

Lambertsbaai

Albatross No. 5

"Lambertsbaai is op sigself seker nie die beste toeristebestemming nie, maar dis ‘n dorpie met baie karakter en rustigheid. "

Lambertsbaai

Seester Accommodation

"Muisbosskerm is 'n moet. Maar 'n mens gaan Lambertsbaai toe om te rus, daar is nie baie toeriste aantreklikhede."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Had lunch at the Weskus Kombuis, fish and chips excellent, the Kookfontein sauvignon blanc, a pleasant surprise (did not know about the estate). Staff friendly and efficient."

Lambertsbaai

Lambert's Bay Seafront

"Sal definitief weer daar oorbly."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Ons het lekker geëet by Isabellas in die hawe en na die voëls gaan kyk op die eiland, neem R5 kontant saam om in te kom by die hawe en R40 kontant om op die eiland te gaan."

Lambertsbaai

Weskus Hokkie

"Die dorpie het 'n bietjie lewe nodig, maar daar is lekker restaurante in die omgewing."

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"'n Heerlike, rustige atmosfeer met vriendelike mense. Beslis 'n moet as jy daardie kant is. En baie sentraal geleë om uit te ry na Elandsbaai en Verlorenvlei."

Lambertsbaai

Bay Plaza

"Baie ryk aan geskiedenis."

Lambertsbaai

Languedoc Verblyf

"Die dorpie is lieflik en ek sal gou weer teruggaan!"

Lambertsbaai

Weskus Grotjie

"Hoe hou jy toeriste weg van so 'n pragtige deel van ons land? Los hom net so!"

Lambertsbaai

Altyd Tuis

"Lambertsbaai is pragtig en rustig. Net wat ons gesoek het."

Blad
Blad 28 - Wys 811 tot 840
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang