Verified Reviews
Limpopo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Limpopo
Rated 4.3 out of 5 based on 2256 reviews.
"Die landgoed is halfpad tussen Modimolle en Bela-Bela, so ons het eintlik altwee dorpe misgery vanaf Pretoria. Mooi wêreld! "
"Ken nie Tzaneen so goed nie, maar maak gerus 'n draai by Corner House in die middedorp. Gasvrye mense en kos heerlik."
"Modimolle is 'n juweel met baie potensiaal. Ons het dit baie geniet en is reeds besig om ons volgende wegbreek daarheen te beplan."
"Ons is besig met groot beplanning vir werkskepping vir werkloses deur klein boerderye, asook die moontlikheid van 'n universiteit."
"Daar is so baie om te doen by Magoebaskloof dat jy meer as 'n maand nodig het en baie geld, om alles te geniet!"
"Modimolle is 'n klein dorp met 'n groot hart. Baie goeie ligging vir heerlike wegbreke."
"Hopelik word die strate sommer gou weer reggemaak. Nogal 'n gemors as beide verkeer op een rigting moet ry sonder enige waarskuwingstekens enige plek nie!"
"Net een word! Naboomspruit is tops. 100% reg vir ’n toeristebestemming. Naboomspruit het baie potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van toerisme."
"Welig, die plantegroei is nog fantasties en al gaan die res van die land gebukkend onder droogte is Magoebaskloof pragtig. "
"Verskriklik mooi veilig, en vriendelik, die omgewing is vars en mense vriendelik. Lekker baie hout en lekkernye by padstalle, vrugte, neute, you name it. Lekkerrrrr, natuurlik ook pragtige bokke en ander wild."
"Lekker warm klimaat in die winter vir ons Gautengers en vir die tuinier, ideale tuin maak geleenthede. "
"Dit was ongelooflik lekker en mooi. Sal alle mense aanbeveel om daar te gaan draai."