Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Dullstroom is pragtig en daar is baie wonderlike plekke waar 'n mens kan tuisgaan."
"Hazyview was maar nog altyd 'n baie mooi plek, veral in die winter met die mis en die area naby die wildtuin."
"Sal nie Piet Retief beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n oornagopsie vir enige verdere reisplanne na die Natal se Noordkus en omliggende areas. "
"Aangename klimaat en sentraal geleë om al die besienswaardighede te besoek. "
"Marloth Park beskik oor basiese winkels soos 2 slaghuise, 'n tuisnywerheid, restaurante, winkeltjies wat aan die basiese en noodsaaklike behoeftes voorsien."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Ek is mal oor die area, wens ek kon altyd daar bly, rustig stil, maar naby die dorp, pragtige skoon strate, mooi plantegroei, baie bome, love it!"
"Heerlike weer. Stil en rustige atmosfeer in die bosveld tussen wildediere en die natuur. Dit is beslis 'n plek waar ek sal gaan aftree."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
HPTwelve Accommodation"Die flieks wat by die Mall gaan kom sal regtig 'n ekstra ster werd wees. Dit was n fees om in strate sonder slaggate te ry en stap, en strate en wraggies straatnaambordjies gehad. 10/10 daarvoor. Bedelaars en karwagte was die minimum. Ons het Innibos vertonings by 'n paar venues bygewoon, maar ongelukkig was die Stadskouburg se toilette die swakste. Oor die algemeen effe vuil, maar die slegste was deure sonder slotte, geen droeërs of handdoekpapier vir jou hande. Dis nogal grillerig. "
"Ons was verbaas oor die dorpie Baberton, klein maar mooi skoon, wens ander plekke het ook so gelyk!"
"Die mooiste plek waar ons nog gebly het in Marloth Park met pragtige groen grasperke."
"Baie mooi omgewing. Daar is ongelukkig baie slaggate in die pad vanaf Graskop en van die inwoners ry roekeloos. Daar word baie moeite gedoen om die tyd vir toeriste aangenaam te maak."
"Mooi dorpie, ongelukkig is daar baie verkopers wat druk plaas op toeriste om hul ware te koop. Dit is ongemaklik om in die straat te loop. Dit pla baie."
"Fantastiese plek en omgewing, wil weer 'n draai gaan maak om plek lekker te verken!"
"For fly fisherman, the Municipal Dam is always a great option if you do not have access to your own water. It appeared to be well managed at the time of our stay (June 2017) and although we did not fish, there were other fishermen and women catching nice trout, and a lot of surface activity was observed during the evening rise across the whole dam. Day fee of R150 per rod, allows you to keep one fish per rod. Additional fish that are kept are charged at R90/kg. Catch and release is encouraged as is fishing barbless. "
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."