Geverifieerde Resensie
Namaqualand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Namaqualand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1074 resensies.
"Ek dink die stadsraad kan soveel meer doen om toerisme te verbeter. Springbok is 'n goeie wegspringplek om Oukiep, Nababeep, Port Nolloth, Hondeklipbaai te verken, maar buite Goegap gaan daar nie veel aan in die dorp self nie."
"A fantastic and rustic atmosphere you only experience in this part of the country. Quiet, clean and fantastic road network."
"Was bietjie teleurgesteld met blomme in sekere areas. Blomme in Nieuwoudtville omgewing was uitsonderlik."
"Jammer van die groot afstand vanaf Pretoria, anders sou ons elke lente daar wil wees. Dis nog goeie outydse Afrikanermense daar en die natuur is van 'n mooie, ruige soort. Die tyd was gans en al te kort om lekker in die plek te kan kuier!"
"Springbok is 'n pragtige dorp tussen klipkoppe. Springbok lodge en restaurant is werklik 'n besienswaardigheid om nie te mis nie. Koop die lekkerste vars dadels daar en kry al die nodige advies."
"Springbok has everything on offer that one needs, on route or to visit for the flowers."
"Namakwaland is nie net blomme nie. Die landskap is pragtig en alhoewel die blomme 'n bietjie oor was, het ons die landskap baie geniet en die vriendelikheid van die mense oral by die eetplekke en die padstalle."
"Pragtige toeriste plek, pragtige besienswaardighede, vriendelike mense, talle winkels, gastehuise, ens. Oulik!"