Verified Reviews
North Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in North Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1859 reviews.
"Daar kort 'n ordentlike restaurant en net 1 ordentlike winkel met nodige goedjies. "
"Cape Vidal was definitief vir ons 'n hoogte punt. Dit is elke sent werd. Dis nie oorvol nie, mens loop nie baie ver strand toe nie. My 3 jarige seuntjie het natuurlik die krokodilplaas geniet. Dit was werklik 'n baie lekker naweek."
"Shaka's Rock is 'n pragtige klein kusdorpie, tropies en baie mooi. Ook 'n baie mooi strand. Vriendelike mense oral waar jy gaan."
"Die gemeenskap van Ballito doen soveel moeite om almal se veiligheid en ervaring te optimaliseer! Die promenade is spotless en word goed in stand gehou. Vir ons was dit veral lekker buite-seisoen!"
"Dit is jammer dat mens moet betaal om strand toe te gaan, en die paaie is in 'n slegte toestand."
"Skoon en veilig. Die Beach Bums-restaurant se kos is baie lekker en skep 'n ontspanne atmosfeer."
"It's like coffee to the soul, peaceful, nature at its best, and must say, also very safe."
"My persepsie was dat Richardsbaai 'n nywerheidsdorp en hawe is, maar dit was 'n aangename verrassing! Ons het maar oorgebly dat die pad tussen Durban en St. Lucia nie te lank word nie, maar ons het lank op die pier vertoef en die restaurant op die Waterfront geniet."
"Dit is asemrowend mooi en rustig, maar hoewel ek die gevoel het dat dit deur en deur 'n toeriste-ekonomie is, is die aanwysings na bv. die strandmeer vir (nuwe) toeriste karig. (Selfs die GPS was deurmekaar.) Hoewel curio's oral beskikbaar is, is die verkopers nie lastig nie - komplimente met die balans!"
"Jy kan lekker wegkom van die stadslewe in die wonderlike natuur van St. Lucia."
"Heerlike vakansiebestemming vir almal wat 'n rustige see vakansie met uitgestrekte strande en pragtige see tonele wil waardeer."