Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.
"Ons ry altyd net daar deur en stop nooit, dis regtig 'n plekkie om oor te slaap en net jouself weer te vind in die rustigheid."
"Gepas vir besoek aan watervalle, maar ver van hoofpad vir reisigers op pad na Springbok wat net oornag-slaapplek soek."
"Britstown begin soos meeste plattelandse dorpe agteruit gaan. Geboue is besig om vervalle te raak en daar is maar min wat die aandag trek. Tog is die mense vriendelik, en die dorpie betreklik skoon."
"Was vreeslik verras dat mens soveel winkels in so dorpie kan kry. En die mense van die dorp is so vriendelik en behulpsaam. Baie oulike dorp."
"Ons het Calvinia as dorpie geniet en was ook vir die begin van blommetyd daar. Vis in dorp baie lekker gewees."
"Pragtige, histories dorpie. Jammer daar is so baie verwaarloosde huise."
"Die inligtingskantoor was hopeloos. 'n Ander besoeker het ons van die sneeu in Leliefontein gesê en nie die person by die inligting nie, alhoewel ons daar in was."
"Goeie eetplek (Tauren Steakhouse) en baie groot winkels het dit vir ons 'n lekker plek gemaak."
"Alhoewel McDougalls teenaan Port Nolloth-dorp is, was daar vir ons definitief 'n skoner en gemakliker atmosfeer in McDougallsbaai. Ook veiliger gevoel in McDougalls."