Verified Reviews

Overberg

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg

Rated 4.6 out of 5 based on 6397 reviews.

De Kelders, Overberg

Kleinzee Oceanfront Guesthouse

"'n Goeie restaurant in De Kelders sal 'n groot aanwins wees."

Agulhas, Overberg

Rus 'n Bietjie

"Perfekte rustige bestemmimg."

Agulhas, Overberg

Rus 'n Bietjie

"Die omgewing is pragtig. Die houtpaadjie na die punt is veral gerieflik."

Kleinbaai, Overberg

Aire del Mar Guesthouse

"Redelik sentraal, naby Hermanus en Stanford."

De Kelders, Overberg

Whalescape

"Baie mooi plek."

Witsand, Overberg

Barnacles

"As jy van rustigheid en stilte hou, veral buite seisoen, is Witsand die plek. Heerlik stil om lekker te kan ontspan. "

Kleinbaai, Overberg

Great White Accommodation

"Good travel destination to get away from the crazy city life."

Kleinmond, Overberg

Lekkerus

"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."

Struisbaai, Overberg

Annie's

"Baie lekker plek. Ek en my familie het die langnaweek terdeë geniet aangesien dit ons eerste keer in die plek was."

Gansbaai, Overberg

Oom Piet Accommodation

"Gansbaai is 'n gesellige dorp. Dit voel glad nie soos 'n toeristebestemming nie. Franskraal en De Kelders voel meer so a.g.v. die vakansiehuise. Gansbaai het meer gevoel soos 'n dorp met hul "locals", maar dit maak nie mens se ervaring enigsins sleg nie. Ons het wel baie lank gewag vir ons kos by 'n spesifike restaurant, maar die kos was die moeite werd. Die ander plek waar ons loop eet het, was weer baie vinnig met net net sulke heerlike kos, so Gansbaai met sy verblyf en restaurante kan vir enigiemand aanbeveel word."

De Hoop Nature Reserve, Overberg

Aloe Cottage

"Dit kort meer verskeidenheid van wild en nie net bokke, volstruise en paar zebras nie. Natuur was andersins baie mooi, veral langs die kus. "

Overberg

Kwetu Guest Farm

"Eerlik, die Overberg word onderbemark. Hier is juweelplekke met ongekende gasvryheid. Ons was al tuis by Fleckvieh Guest Farm, Die Ponthuis en Kwetu Guest Farm en kan net met lof praat oor die gasvryheid, diens, netheid van geriewe en veiligheid. Skakel meer direk met die toerismekantore op die verskillende dorpe en integreer besprekingsgeleenthede met "events" wat in en om die spesifieke dorp plaasvind."

Malgas, Overberg

Tides River Lodge

"Baie rustig en tog baie om te doen, lieflike bymekaarkomplekke soos The Bush Pub en The Boat House. Sal dit definitief aanbeveel by vriende en familie."

De Kelders, Overberg

Amazing Grace B&B

"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."

Greyton, Overberg

Greyton Lodge

"Vir ons stadsjapies is Greyton 'n klein bietjie stil. As jy egter voor die tyd jou huiswerk doen sal jy egter weet daar is heerlike staproetes en uitstappies. Die stilte, dorpskultuur en wonderlike eetplekke is egter hoogs aan te beveel."

De Kelders, Overberg

Royal Albatros

"Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels."

Sandbaai , Overberg

Mafari Beach House

"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."

Franskraal, Overberg

Leegle

"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "

Stanford, Overberg

Laughing Waters Farm

"Pragtige argitektuur in die dorp en Burkenhead Winery and Brewery is net buite die dorp - definitief 'n moet as jy die dorp besoek."

Betty's Bay, Overberg

Cyara

"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."

Napier, Overberg

Napier All Sorts

"Best little town in Western Cape."

Kleinbaai, Overberg

Great White Accommodation

"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"

Sandbaai , Overberg

Sandbaai Strandhuis

"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"

Franskraal, Overberg

Kormorant Apartment

"Franskraal is 'n oulike, rustige plek met baie om te sien en doen!"

Hermanus, Overberg

Hornbill House

"Die Calamari by The Milkwood is 'n moet! "

Kleinmond, Overberg

'Die Rotse' Host House

"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."

Page
Page 193 - Showing 5761 to 5790
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Log in to your LekkeSlaap account linked to

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers