Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6061 resensies.
"Dis 'n ervaring om deur die straatjies te loop en in die winkeltjies te snuffel. Dis 'n baie netjiese dorpie. Baie fantastiese restaurante."
"Greyton is altyd die moeite werd om te besoek, veral as 'n mens dit kan verbind met iets besonders soos die klassieke musiekfees verlede naweek."
"EK WOU GRAAG UITGAAN VIR SEE VISVANG. BLYKBAAR VERKEERDE TYD. TRIP MET MARK OP RIVIER BAIE LEKKER EN RESTAURANT BY BREEDE LODGE WAS BAIE LEKKER."
"As die wind waai dan waai hy, jy waai weg. Neem genoeg vermaak as jy nie kan uit. Beveel Wanda's retaurant aan. Gehalte vars kos en lekker atmosfeer. Neem net n bottel wyn saam."
"Pragtige rustige kusdorpie met alles wat mens nodig sou hê vir 'n wegbreekkansie."
"Pragtige dorpie. Diens by die eetplekke is nie altyd van die vinnigste nie so vat dit rustig en kuier lekker."
"Kleinmond is a gem of a place. Small, safe town with everything one needs right there. Well worth a visit."
"Ons sal beslis weer by Agulhas/Struisbaai tuis gaan. Die Shipwreck Museum op Bredasdorp is 'n moet om die area beter te waardeer."
"Mooi dorp. Interessante NG Kerk in die dorp - veral die kerk se kloktoring. Lekker sop geëet oorkant die kerk by The Old Gaol."
"Wonderlike, baie geskiedkundige plek, die moeite werd om te verken deur die dag en historiese verblyf te soek vir die aand."
"Swellendam is 'n juweel vir toeriste wat 'n stil, netjiese, maar tog interessante dorpie in die Overberg soek. Daar is uiteenlopende interessanthede en aktiwiteite in en buite die dorp. "
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."